Gaan na inhoud

2003 Formule Een-seisoen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2003 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen
Vorige: 2002 Volgende: 2004
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen.

Inleiding

[wysig | wysig bron]

Die seisoen het vir die agste agtereenvolgende jaar by Albert Park afgeskop op 9 Maart, gevolg deur die Maleisiese ren op 23 Maart by die Sepang Internasionale Renbaan, gevolg deur die Brasiliaanse ren by Interlagos op 6 April. Die Europese gedeelte het begin by Imola in Italië vir die San Marino Grand Prix op 20 April, gevolg deur die Spaanse Grand Prix by Catalunya op 4 Mei en die Oostenrykse Grand Prix op 18 Mei by die Red Bull Ring. Die laaste deel van die Europese renne is by Monaco op 1 Junie afgehandel.

Die seisoen het op 15 Junie in Kanada by die Gilles Villeneuve-renbaan voortgegaan. Die tweede deel in Europa het weer begin op 29 Junie by die Nürburgring in Duitsland (vir die Europese Grand Prix) en is gevolg deur die Franse ren by Magny Cours. Die Britse Grand Prix is op 20 Julie by Silverstone gehou en gevolg deur die Duitse ren by Hockenheim op 3 Augustus. Daarna het 'n 3 weke breek gevolg tot hulle weer teruggekeer het na die Hungaroring vir die Hongaarse Grand Prix op 24 Augustus en die laaste Europese ren, die Italiaanse ren by Monza op 14 September. Die Verenigde State Grand Prix is as die voorlaaste ren by Indianapolis Motor Speedway gehou. Die laaste ren was, soos die vorige 5 jaar, die Japannese Grand Prix by die Suzuka Internasionale Renbaan.

Kalender

[wysig | wysig bron]
Rondte Wedren Datum Renverslag
1. Australiese Grand Prix 9 Maart Verslag
2. Maleisiese Grand Prix 23 Maart Verslag
3. Brasiliaanse Grand Prix 6 April Verslag
4. San Marino Grand Prix 20 April Verslag
5. Spaanse Grand Prix 4 Mei Verslag
6. Oostenrykse Grand Prix 18 Mei Verslag
7. Monaco Grand Prix 1 Junie Verslag
8. Kanadese Grand Prix 15 Junie Verslag
9. Europese Grand Prix 29 Junie Verslag
10. Franse Grand Prix 6 Julie Verslag
11. Britse Grand Prix 20 Julie Verslag
12. Duitse Grand Prix 3 Augustus Verslag
13. Hongaarse Grand Prix 24 Augustus Verslag
14. Italiaanse Grand Prix 14 September Verslag
15. Verenigde State Grand Prix 28 September Verslag
16. Japannese Grand Prix 12 Oktober Verslag

Seisoensoorsig

[wysig | wysig bron]

David Coulthard het die Australiese Grand Prix in veranderlike weersomstandighede gewen en die Maleisiese Grand Prix is deur Kimi Räikkönen gewen. Die Brasiliaanse Grand Prix is voor die einde gestaak weens 'n ongeluk en Räikkönen is as wenner aangewys. Maar 5 dae later, na baie ondersoeke, is Giancarlo Fisichella as wenner aangewys.

Michael Schumacher het teruggeveg in die eerste Europese renne en het die volgende drie renne in San Marino, Spanje en Oostenryk gewen. Juan Pablo Montoya het gewen in Monaco en Schumacher het weer in Kanada gewen.

Die tweede Europese gedeelte het by die Nürburgring afgeskop en is na hoë drama deur Ralf Schumacher gewen. Hy het dit opgevolg met nog 'n oorwinning in Frankryk 'n week later. Rubens Barrichello het die Britse Grand Prix gewen en Montoya het gewen in Duitsland.

Fernando Alonso het sy eerste oorwinning behaal in Hongarye by die Hungaroring en Michael Schumacher het die volgende twee renne gewen in Italië en die VSA en in die laaste ren moes Räikkönen wen, sonder dat Schumacher in die voorste agt plekke kon klaarmaak. Die ren is gewen deur Rubens Barrichello en Räikkönen was tweede met Michael Schumacher agste. Dus het Schumacher sy vierde agtereenvolgende kampioenskap gewen, slegs 2 punte voor Räikkönen.