Cannes-rolprentfees 1979
Voorkoms
Cannes-rolprentfees 1979
| ||
Datum | 10-24 Mei 1979 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 21 (In Kompetisie) 12 (Un Certain Regard) 11 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Hair | |
Afsluitingsfliek | Us Two (À nous deux) | |
Palme d'Or | Apocalypse Now The Tin Drum (Die Blechtrommel) |
Die 32ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 10-24 Mei 1979 gehou. Die Franse roman- en draaiboekskryfster Françoise Sagan was die voorsitter van die jurie. Altesaam 44 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Die Amerikaanse rolprent Apocalypse Now van die regisseur Francis Ford Coppola en die Wes-Duitse The Tin Drum (Die Blechtrommel) van Volker Schlöndorff het saam die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met die regisseur Miloš Forman se Hair en afgesluit met Us Two (À nous deux) van die regisseur Claude Lelouch.[3][4]
Belangrikste fliekpryse
Prys | Rolprent | Regisseur | Land |
---|---|---|---|
Palme d'Or | Apocalypse Now The Tin Drum (Die Blechtrommel) |
Francis Ford Coppola Volker Schlöndorff |
Amerika Wes-Duitsland |
Grand Prix | Siberiade | Andrei Konchalovsky | Sowjetunie |
Caméra d'Or | Northern Lights | John Hanson, Rob Nilsson | Amerika |
Kortfilm-Palme d'Or | Harpya | Raoul Servais | België |
Tegniese Grand Prix | Norma Rae | Martin Ritt | Amerika |
Ander pryse
Prys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | Terrence Malick | Days of Heaven | Amerika |
Beste akteur | Jack Lemmon | The China Syndrome | Amerika |
Beste aktrise | Sally Field | Norma Rae | Amerika |
Verwysings
- ↑ "1979 - Un Certain Regard, a Certain Smile" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ "Awards 1979 : All Awards" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2016. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ "Selection of the 1979 Festival" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ "Lauren Bacall and Yves Montand special guests at the opening gala 1979" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
Eksterne skakels
- Fees se amptelike webtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia