Cannes-rolprentfees 1977
Voorkoms
Cannes-rolprentfees 1977
| ||
Datum | 13-27 Mei 1977 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 23 in kompetisie 7 kortprente | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The Bishop's Bedroom | |
Afsluitingsfliek | Slap Shot | |
Palme d'Or | Padre Padrone |
Die 30ste Cannes-rolprentfees is van 13-27 Mei 1977 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Padre Padrone deur Paolo en Vittorio Taviani.[1]
Die fees is geopen met The Bishop's Bedroom deur Dino Risi[2][3] en afgesluit met Slap Shot deur George Roy Hill.[4] Die Italiaanse regisseur en rolprentvervaardiger Roberto Rossellini was die president van die jurie.
In 1977 is ’n nuwe, niemededingende afdeling, "Le Passé composé", ingestel wat net vir dié fees gegeld het. Saam met "Les Yeux fertiles" en "L'Air du temps" van die vorige twee jaar het dit in 1978 die afdeling "Un Certain Regard" gevorm.[5][6]
Pryse
[wysig | wysig bron]Van die mense en prente wat in 1977 pryse ontvang het, is:[7]
- Palme d'Or: Padre Padrone deur Paolo en Vittorio Taviani
- Beste eerste werk: The Duellists deur Ridley Scott (eenparig)
- Beste akteur: Fernando Rey vir Elisa, vida mía
- Beste aktrise: Shelley Duvall vir 3 Women en Monique Mercure vir J.A. Martin photographe
Kortprente
- Palme d'Or: Küzdök deur Marcell Jankovics
- Jurieprys: Di Cavalcanti deur Glauber Rocha
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "30ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 4 Junie 2017.
- ↑ "The Ottawa Journal, p. 21". newspapers.com. 30 Mei 1977. Besoek op 14 Julie 2017.
- ↑ "The opening films at Cannes". vodkaster.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
- ↑ "The closing films at Cannes". vodkaster.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2019. Besoek op 25 Mei 2017.
- ↑ "1977 - Un Festival particulier (A special Festival)". cannes-fest.com (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2017. Besoek op 4 Junie 2017.
- ↑ "Festival de Cannes: Les différentes catégories de sélections". francofolies.over-blog.es (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 14 Julie 2017.
- ↑ "Awards 1977: All Awards". festival-cannes.fr (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2016. Besoek op 5 September 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Fees se amptelike webtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia