Gaan na inhoud

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur SpesBona (besprekings | bydraes) op 19:15, 26 November 2023 (FIFA se terugwerkende ranglys: + Prent)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
FIFA Sokker-Wêreldbeker
Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Swede Swede
Datums 8 Junie – 29 Junie
Spanne 16 (van 3 konfederasies)
Stadions 12 (in 12 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (1 titel)
Tweede plek Vlag van Swede Swede
Derde plek Vlag van Frankryk Frankryk
Vierde plek Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 35
Doele 126 (3.6 per wedstryd)
Bywoning 819 810 (23 423 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Just Fontaine (13 doele)[1]
Beste speler Vlag van Brasilië Didi
1954
1962

Die sesde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Sweeds: Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 tot 29 Junie 1958 in Swede aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Swede aangebied is en die vierde in Europa.

Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Brasilië het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Swede met 5–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk het in die derde en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Ierland, die Sowjetunie en Wallis het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 het die Franse Just Fontaine 13 doele aangeteken, meer as enige ander sokkerspeler tydens een enkele Sokker-Wêreldbekertoernooi. Dié toernooi word ook vir die destydse 17-jarige Brasiliaanse Pelé se internasionale debuut onthou.

Toewysing

[wysig | wysig bron]

Swede is op 23 Junie 1950 in Rio de Janeiro, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 in Brasilië, deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958. Daar was geen ander land wat homself as kandidat beskikbaar gestel het nie.[2]

Kwalifisering

[wysig | wysig bron]

Die gasheer Swede en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en CAF (Afrika) beslis.

Nóg Afrikalande nóg Asiatiese lande het daarin geslaag om vir dié toernooi te kwalifiseer.

Die 1958-toernooi is tot dusver die enigste Sokker-Wêreldbeker waarvoor elkeen van die vier lande van die Verenigde Koninkryk gekwalifiseer het, naamlik Engeland, Noord-Ierland, Skotland en Wallis.

Kwalifiserende spanne

[wysig | wysig bron]

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]

Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Argentinië Argentinië 3de 1 1934 Naaswenner (1930)
Vlag van Brasilië Brasilië 6de 6 1954 Naaswenner (1950)
Vlag van Engeland Engeland 3de 3 1954 Kwarteindrondte (1954)
Vlag van Frankryk Frankryk 5de 2 1954 Kwarteindrondte (1938)
Vlag van Hongarye Hongarye 4de 2 1954 Naaswenner (1938, 1954)
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 4de 3 1954 Vierde plek (1930)
Vlag van Meksiko Meksiko 4de 3 1954 Groepfase (1930, 1950, 1954)
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland 1ste 1 Debuut
Vlag van Oostenryk Oostenryk 3de 2 1954 Derde plek (1954)
Vlag van Paraguay Paraguay 3de 1 1950 Groepfase (1930, 1950)
Vlag van Skotland Skotland 2de 2 1954 Groepfase (1954)
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 1ste 1 Debuut
Vlag van Swede Swede 4de 1 1950 Derde plek (1950)
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 4de 2 1954 Naaswenner (1934)
Vlag van Wallis Wallis 1ste 1 Debuut
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 4de 2 1954 Kampioen (1954)

Stadions

[wysig | wysig bron]

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Solna (Stockholm) Gotenburg Malmö Helsingborg
Råsunda-stadion Ullevi Malmö-stadion Olympia
59°21′46″N 17°59′46.7″O / 59.36278°N 17.996306°O / 59.36278; 17.996306 (Råsunda-stadion) 57°42′20.6″N 11°59′15.7″O / 57.705722°N 11.987694°O / 57.705722; 11.987694 (Ullevi) 55°35′9.9″N 12°59′21.4″O / 55.586083°N 12.989278°O / 55.586083; 12.989278 (Malmö-stadion) 56°2′59.8″N 12°42′24.5″O / 56.049944°N 12.706806°O / 56.049944; 12.706806 (Olympia)
Kapasiteit: 52 400 Kapasiteit: 53 500 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 27 000
Eskilstuna Norrköping
Tunavallen Idrottsparken
59°22′14.4″N 16°29′42″O / 59.370667°N 16.49500°O / 59.370667; 16.49500 (Tunavallen) 58°35′3.4″N 16°10′22.8″O / 58.584278°N 16.173000°O / 58.584278; 16.173000 (Idrottsparken)
Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 20 000
Sandviken Uddevalla
Jernvallen Rimnersvallen
60°36′27.2″N 16°46′26.2″O / 60.607556°N 16.773944°O / 60.607556; 16.773944 (Jernvallen) 58°21′24″N 11°57′0″O / 58.35667°N 11.95000°O / 58.35667; 11.95000 (Rimnersvallen)
Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 17 778
Borås Halmstad Örebro Västerås
Ryavallen Örjans Vall Eyravallen Arosvallen
57°44′8.6″N 12°56′5.7″O / 57.735722°N 12.934917°O / 57.735722; 12.934917 (Ryavallen) 56°41′3.7″N 12°51′59.4″O / 56.684361°N 12.866500°O / 56.684361; 12.866500 (Örjans Vall) 59°15′58.6″N 15°13′24″O / 59.266278°N 15.22333°O / 59.266278; 15.22333 (Eyravallen) 59°37′13.2″N 16°32′26.3″O / 59.620333°N 16.540639°O / 59.620333; 16.540639 (Arosvallen)
Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 13 000 Kapasiteit: 10 000

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 35 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 1958 op die Råsunda-stadion in Solna met ’n wedstryd tussen die gasheer Swede en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Swede en Brasilië, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[4]

Kalender

[wysig | wysig bron]
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 se wedstrydskedule word tydens die loting bepaal

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Groep 1 2 2 2 1
Groep 2 2 2 2
Groep 3 2 1 1 2 1
Groep 4 2 2 2 1
Uitklopfase
Junie
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
22
Ma
23
Di
24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Uitklopfase 4 2 1 1
Legende

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Groepfase

[wysig | wysig bron]

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: as twee of meer spanne gelyk op punte was, is afhangende van die situasie uitspeelwedstryde ingespan.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal, as die tweede en derde span gelyk op punte was, moes hulle in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar speel.

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.

Wedstryde

[wysig | wysig bron]
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 8 Februarie 1958 in die Cirkus Television Studios in Stockholm gehou.

Groepfase

[wysig | wysig bron]

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

[wysig | wysig bron]
Wedstryd tussen Noord-Ierland en Tsjeggo-Slowakye
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 3 1 2 0 7 5 +2 4
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland 3 1 1 1 4 5 –1 3
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 3 1 1 1 8 4 +4 3
Vlag van Argentinië Argentinië 3 1 0 2 5 10 –5 2
  • Noord-Ierland het bo Tsjeggo-Slowakye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.

8 Junie 1958
19:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 3–1 Vlag van Argentinië Argentinië Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 31 156
Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland)
Rahn Doelpunt na 32 minute 32', Doelpunt na 79 minute 79'
Seeler Doelpunt na 42 minute 42'
Verslag Doelpunt na 3 minute 3' Corbatta

8 Junie 1958
19:00
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland 1–0 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Örjans Vall, Halmstad
Toeskouers: 10 647
Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk)
Cush Doelpunt na 21 minute 21' Verslag

11 Junie 1958
19:00
Vlag van Argentinië Argentinië 3–1 Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland Örjans Vall, Halmstad
Toeskouers: 14 147
Skeidsregter: Sten Ahlner (Swede)
Corbatta Doelpunt na 37 minute 37' (straf)
Menéndez Doelpunt na 56 minute 56'
Avio Doelpunt na 60 minute 60'
Verslag Doelpunt na 4 minute 4' McParland

11 Junie 1958
19:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 2–2 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Olympiastadion, Helsingborg
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Arthur Ellis (England)
Schäfer Doelpunt na 60 minute 60'
Rahn Doelpunt na 71 minute 71'
Verslag Doelpunt na 24 minute 24' (straf) Dvořák
Doelpunt na 42 minute 42' Zikán

15 Junie 1958
19:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 2–2 Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 21 990
Skeidsregter: Joaquim Fernandes Campos (Portugal)
Rahn Doelpunt na 20 minute 20'
Seeler Doelpunt na 78 minute 78'
Verslag Doelpunt na 18 minute 18', Doelpunt na 60 minute 60' McParland

15 Junie 1958
19:00
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 6–1 Vlag van Argentinië Argentinië Olympiastadion, Helsingborg
Toeskouers: 16 418
Skeidsregter: Arthur Ellis (England)
Dvořák Doelpunt na 8 minute 8'
Zikán Doelpunt na 17 minute 17', Doelpunt na 39 minute 39'
Feureisl Doelpunt na 68 minute 68'
Hovorka Doelpunt na 81 minute 81', Doelpunt na 89 minute 89'
Verslag Doelpunt na 64 minute 64' (straf) Corbatta
Uitspeelwedstryd

17 Junie 1958
19:00
Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland 2–1 (e.t.) Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 6 196
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
McParland Doelpunt na 44 minute 44', Doelpunt na 97 minute 97' Verslag Doelpunt na 18 minute 18' Zikán

Groep 2

[wysig | wysig bron]
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Frankryk Frankryk 3 2 0 1 11 7 +4 4
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 3 1 2 0 7 6 +1 4
Vlag van Paraguay Paraguay 3 1 1 1 9 12 –3 3
Vlag van Skotland Skotland 3 0 1 2 4 6 –2 1
  • Frankryk het bo Joego-Slawië geëindig weens doelverhouding.

8 Junie 1958
19:00
Vlag van Frankryk Frankryk 7–3 Vlag van Paraguay Paraguay Idrottsparken, Norrköping
Toeskouers: 16 500
Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje)
Fontaine Doelpunt na 24 minute 24', Doelpunt na 30 minute 30', Doelpunt na 67 minute 67'
Piantoni Doelpunt na 52 minute 52'
Wisnieski Doelpunt na 61 minute 61'
Kopa Doelpunt na 70 minute 70'
Vincent Doelpunt na 83 minute 83'
Verslag Doelpunt na 20 minute 20', Doelpunt na 44 minute 44' (straf) Amarilla
Doelpunt na 50 minute 50' Romero

8 Junie 1958
19:00
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 1–1 Vlag van Skotland Skotland Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 9 500
Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland)
Petaković Doelpunt na 6 minute 6' Verslag Doelpunt na 49 minute 49' Murray

11 Junie 1958
19:00
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 3–2 Vlag van Frankryk Frankryk Arosvallen, Västerås
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis)
Petaković Doelpunt na 16 minute 16'
Veselinović Doelpunt na 63 minute 63', Doelpunt na 88 minute 88'
Verslag Doelpunt na 4 minute 4', Doelpunt na 85 minute 85' Fontaine

11 Junie 1958
19:00
Vlag van Paraguay Paraguay 3–2 Vlag van Skotland Skotland Idrottsparken, Norrköping
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië)
Agüero Doelpunt na 4 minute 4'
Doelpunt na 45 minute 45'
Parodi Doelpunt na 73 minute 73'
Verslag Doelpunt na 24 minute 24' Mudie
Doelpunt na 74 minute 74' Collins

15 Junie 1958
19:00
Vlag van Frankryk Frankryk 2–1 Vlag van Skotland Skotland Eyravallen, Örebro
Toeskouers: 13 500
Skeidsregter: Juan Brozzi (Argentinië)
Kopa Doelpunt na 22 minute 22'
Fontaine Doelpunt na 44 minute 44'
Verslag Doelpunt na 58 minute 58' Baird

15 Junie 1958
19:00
Vlag van Paraguay Paraguay 3–3 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië Tunavallen, Eskilstuna
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Martin Macko (Tsjeggoslowakye)
Parodi Doelpunt na 20 minute 20'
Agüero Doelpunt na 52 minute 52'
Romero Doelpunt na 80 minute 80'
Verslag Doelpunt na 18 minute 18' Ognjanović
Doelpunt na 21 minute 21' Veselinović
Doelpunt na 73 minute 73' Rajkov

Groep 3

[wysig | wysig bron]
Die Sweed Nils Liedholm se strafdoel teen Meksiko
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Swede Swede 3 2 1 0 5 1 +4 5
Vlag van Wallis Wallis 3 0 3 0 2 2 ±0 3
Vlag van Hongarye Hongarye 3 1 1 1 6 3 +3 3
Vlag van Meksiko Meksiko 3 0 1 2 1 8 –7 1
  • Wallis het bo Hongarye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.

8 Junie 1958
14:00
Vlag van Swede Swede 3–0 Vlag van Meksiko Meksiko Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie)
Simonsson Doelpunt na 17 minute 17', Doelpunt na 64 minute 64'
Liedholm Doelpunt na 57 minute 57' (straf)
Verslag

8 Junie 1958
19:00
Vlag van Hongarye Hongarye 1–1 Vlag van Wallis Wallis Jernvallen, Sandviken
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Jose Maria Codesal (Uruguay)
Bozsik Doelpunt na 5 minute 5' Verslag Doelpunt na 27 minute 27' J. Charles

11 Junie 1958
19:00
Vlag van Meksiko Meksiko 1–1 Vlag van Wallis Wallis Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Leo Lemesic (Joego-Slawië)
Belmonte Doelpunt na 89 minute 89' Verslag Doelpunt na 32 minute 32' I. Allchurch

12 Junie 1958
19:00
Vlag van Swede Swede 2–1 Vlag van Hongarye Hongarye Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 40 000
Skeidsregter: John Alexander Mowat (Skotland)
Hamrin Doelpunt na 34 minute 34', Doelpunt na 55 minute 55' Verslag Doelpunt na 77 minute 77' Tichy

15 Junie 1958
14:00
Vlag van Swede Swede 0–0 Vlag van Wallis Wallis Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: Lucien van Nuffel (België)
Verslag

15 Junie 1958
19:00
Vlag van Hongarye Hongarye 4–0 Vlag van Meksiko Meksiko Jernvallen, Sandviken
Toeskouers: 13 300
Skeidsregter: Arne Eriksson (Finland)
Tichy Doelpunt na 19 minute 19', Doelpunt na 46 minute 46'
Sándor Doelpunt na 54 minute 54'
Bencsics Doelpunt na 69 minute 69'
Verslag
Uitspeelwedstryd

17 Junie 1958
19:00
Vlag van Wallis Wallis 2–1 Vlag van Hongarye Hongarye Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie)
I. Allchurch Doelpunt na 55 minute 55'
Medwin Doelpunt na 76 minute 76'
Verslag Doelpunt na 33 minute 33' Tichy

Groep 4

[wysig | wysig bron]
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
Vlag van Brasilië Brasilië 3 2 1 0 5 0 +5 5
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 3 1 1 1 4 4 ±0 3
Vlag van Engeland Engeland 3 0 3 0 4 4 ±0 3
Vlag van Oostenryk Oostenryk 3 0 1 2 2 7 –5 1
  • Die Sowjetunie het bo Engeland geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.

8 Junie 1958
19:00
Vlag van Brasilië Brasilië 3–0 Vlag van Oostenryk Oostenryk Rimnersvallen, Uddevalla
Toeskouers: 17 778
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
Altafini Doelpunt na 37 minute 37', Doelpunt na 85 minute 85'
Santos Doelpunt na 50 minute 50'
Verslag

8 Junie 1958
19:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 2–2 Vlag van Engeland Engeland Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 49 348
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Simonjan Doelpunt na 13 minute 13'
A. Iwanof Doelpunt na 56 minute 56'
Verslag Doelpunt na 66 minute 66' Kevan
Doelpunt na 85 minute 85' (straf) Finney

11 Junie 1958
19:00
Vlag van Brasilië Brasilië 0–0 Vlag van Engeland Engeland Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 40 895
Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland)
Verslag
  • Dit is die eerste wedstryd sonder doele in die geskiedenis van die Sokker-Wêreldbekertoernooi.

11 Junie 1958
19:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 2–0 Vlag van Oostenryk Oostenryk Ryavallen, Borås
Toeskouers: 21 239
Skeidsregter: Carl Frederik Jorgensen (Denemarke)
Iljin Doelpunt na 15 minute 15'
W. Iwanof Doelpunt na 62 minute 62'
Verslag

15 Junie 1958
19:00
Vlag van Engeland Engeland 2–2 Vlag van Oostenryk Oostenryk Ryavallen, Borås
Toeskouers: 15 872
Skeidsregter: Jan Bronkhorst (Nederland)
Haynes Doelpunt na 56 minute 56'
Kevan Doelpunt na 74 minute 74'
Verslag Doelpunt na 15 minute 15' Koller
Doelpunt na 71 minute 71' Körner

15 Junie 1958
19:00
Vlag van Brasilië Brasilië 2–0 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 50 928
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
Vavá Doelpunt na 3 minute 3', Doelpunt na 77 minute 77' Verslag
Uitspeelwedstryd

17 Junie 1958
19:00
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 1–0 Vlag van Engeland Engeland Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 23 182
Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland)
Iljin Doelpunt na 69 minute 69' Verslag

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]
Kurt Hamrin se doel in die halfeindstryd teen Wes-Duitsland
Die Brasiliaan Pelé word tydens die eindstryd deur drie Sweedse verdedigers omring
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
19 Junie – Malmö        
 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  1
24 Junie – Gotenburg
 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië  0  
 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  1
19 Junie – Solna
   Vlag van Swede Swede  3  
 Vlag van Swede Swede  2
23 Junie – Solna
 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie  0  
 Vlag van Swede Swede  2
19 Junie – Norrköping
   Vlag van Brasilië Brasilië  5
 Vlag van Frankryk Frankryk  4
24 Junie – Solna
 Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland  0  
 Vlag van Frankryk Frankryk  2 Uitspeel om derde plek
19 Junie – Gotenburg
   Vlag van Brasilië Brasilië  5   28 Junie – Gotenburg
 Vlag van Brasilië Brasilië  1
   Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland  3
 Vlag van Wallis Wallis  0  
 Vlag van Frankryk Frankryk  6

Kwarteindrondte

[wysig | wysig bron]

19 Junie 1958
19:00
Vlag van Frankryk Frankryk 4–0 Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland Idrottsparken, Norrköping
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje)
Wisnieski Doelpunt na 22 minute 22'
Fontaine Doelpunt na 55 minute 55', Doelpunt na 63 minute 63'
Piantoni Doelpunt na 68 minute 68'
Verslag

19 Junie 1958
19:00
Vlag van Swede Swede 2–0 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 45 000
Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland)
Hamrin Doelpunt na 49 minute 49'
Simonsson Doelpunt na 88 minute 88'
Verslag

19 Junie 1958
19:00
Vlag van Brasilië Brasilië 1–0 Vlag van Wallis Wallis Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk)
Pelé Doelpunt na 66 minute 66' Verslag

19 Junie 1958
19:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 1–0 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië Malmö Stadion, Malmö
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland)
Rahn Doelpunt na 12 minute 12' Verslag

Halfeindrondte

[wysig | wysig bron]

24 Junie 1958
19:00
Vlag van Frankryk Frankryk 2–5 Vlag van Brasilië Brasilië Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 27 000
Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis)
Fontaine Doelpunt na 9 minute 9'
Piantoni Doelpunt na 83 minute 83'
Verslag Doelpunt na 2 minute 2' Vavá
Doelpunt na 39 minute 39' Didi
Doelpunt na 52 minute 52', Doelpunt na 64 minute 64', Doelpunt na 75 minute 75' Pelé

24 Junie 1958
19:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 1–3 Vlag van Swede Swede Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye)
Schäfer Doelpunt na 24 minute 24' Verslag Doelpunt na 32 minute 32' Skoglund
Doelpunt na 81 minute 81' Gren
Doelpunt na 88 minute 88' Hamrin

Klein finale (om die derde plek)

[wysig | wysig bron]

28 Junie 1958
17:00
Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 3–6 Vlag van Frankryk Frankryk Ullevi, Gotenburg
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Juan Brozzi (Argentinië)
Cieslarczyk Doelpunt na 18 minute 18'
Rahn Doelpunt na 52 minute 52'
Schäfer Doelpunt na 84 minute 84'
Verslag Doelpunt na 16 minute 16', Doelpunt na 36 minute 36', Doelpunt na 78 minute 78', Doelpunt na 89 minute 89' Fontaine
Doelpunt na 27 minute 27' (straf) Kopa
Doelpunt na 50 minute 50' Douis

Eindstryd

[wysig | wysig bron]

29 Junie 1958
15:00
Vlag van Swede Swede 2–5 Vlag van Brasilië Brasilië Råsunda Fotbollstadion, Solna
Toeskouers: 51 800
Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk)
Liedholm Doelpunt na 4 minute 4'
Simonsson Doelpunt na 80 minute 80'
Verslag Doelpunt na 9 minute 9', Doelpunt na 32 minute 32' Vavá
Doelpunt na 55 minute 55', Doelpunt na 90 minute 90' Pelé
Doelpunt na 68 minute 68' Zagallo


Sokkerwêreldkampioen 1958
Vlag van Brasilië Brasilië

FIFA se terugwerkende ranglys

[wysig | wysig bron]

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1958-toernooi is soos gevolg:

Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Geen deelname

     Gasheerland Swede
Gilmar, Vicente Feola en Hilderaldo Bellini saam met die Wêreldbekertrofee
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
1 Vlag van Brasilië Brasilië 4 6 5 1 0 16 4 +12 11
2 Vlag van Swede Swede 3 6 4 1 1 12 7 +5 9
3 Vlag van Frankryk Frankryk 2 6 4 0 2 23 15 +8 8
4 Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland 1 6 2 2 2 12 14 −2 6
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Vlag van Wallis Wallis 3 5 1 3 1 5 5 ±0 5
6 Vlag van Sowjetunie Sowjetunie 4 5 2 1 2 5 6 −1 5
7 Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland 1 5 2 1 2 6 10 −4 5
8 Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië 2 4 1 2 1 7 7 ±0 4
In die groepfase uitgeskakel
9 Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye 1 4 1 1 2 9 6 +3 3
10 Vlag van Hongarye Hongarye 3 4 1 1 2 7 5 +2 3
11 Vlag van Engeland Engeland 4 4 0 3 1 4 5 –1 3
12 Vlag van Paraguay Paraguay 2 3 1 1 1 9 12 −3 3
13 Vlag van Argentinië Argentinië 1 3 1 0 2 5 10 −5 2
14 Vlag van Skotland Skotland 2 3 0 1 2 4 6 −2 1
15 Vlag van Oostenryk Oostenryk 4 3 0 1 2 2 7 −5 1
16 Vlag van Meksiko Meksiko 3 3 0 1 2 1 8 −7 1

Meeste doele aangeteken

[wysig | wysig bron]

Meeste doele aangeteken:[1]

Rang Speler Doele
1 Vlag van Frankryk Just Fontaine 13
2 Vlag van Wes-Duitsland Helmut Rahn 6
Vlag van Brasilië Pelé 6
4 Vlag van Noord-Ierland Peter McParland 5
Vlag van Brasilië Vavá 5
6 Vlag van Swede Kurt Hamrin 4
Vlag van Swede Agne Simonsson 4
Vlag van Hongarye Lajos Tichy 4
Vlag van Tsjeggo-Slowakye Zdeněk Zikán 4
10 Vlag van Argentinië Oreste Corbatta 3
Vlag van Frankryk Raymond Kopa 3
Vlag van Frankryk Roger Piantoni 3
Vlag van Wes-Duitsland Hans Schäfer 3
Vlag van Joego-Slawië Todor Veselinović 3
Rang Speler Doele
15 Vlag van Paraguay Jorge Lino Romero 2
Vlag van Brasilië José Altafini 2
Vlag van Paraguay José Parodi 2
Vlag van Paraguay Juan Bautista Agüero 2
Vlag van Tsjeggo-Slowakye Václav Hovorka 2
Vlag van Paraguay Florencio Amarilla 2
Vlag van Joego-Slawië Aleksandar Petaković 2
Vlag van Engeland Derek Kevan 2
Vlag van Tsjeggo-Slowakye Milan Dvořák 2
Vlag van Sowjetunie Anatoli Iljin 2
Vlag van Wallis Ivor Allchurch 2
Vlag van Wes-Duitsland Uwe Seeler 2
Vlag van Swede Nils Liedholm 2
Vlag van Frankryk Maryan Wisnieski 2
Just Fontaine

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2021. Besoek op 28 Februarie 2021.
  2. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
  3. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
  4. (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
  5. (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
  6. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


Sokker-Wêreldbekertoernooie

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034