Gerrie Coetzee
Gerrie Coetzee | |
Statistiek | |
---|---|
Geboortenaam | Gerhardus Christian Coetzee |
Bynaam(e) | Seer Handjies, Boksburg Bomber |
Gewigklas | Swaargewig |
Lengte | 1.89 m |
Armlengte | 206 cm |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Geboorte | 8 April 1955 Boksburg |
Sterfte | 12 Januarie 2023 (op 67) |
Boksrekord | |
Totale gevegte | 40 |
Oorwinnings | 33 |
Oorwinnings met uitklophou | 21 |
Verloor | 6 |
Gelykop | 1 |
Gerhardus Christian Coetzee (gebore 8 April 1955 in Boksburg, sterf 12 Januarie 2023), beter bekend as Gerrie Coetzee, is 'n oudbokser en Suid-Afrika se beste swaargewigbokser tot nog toe.[1]
Coetzee, wat in 'n Gereformeerde huis gebore is, was die eerste bokser uit Afrika wat om die wêreldswaargewigtitel meegeding het, en ook die eerste wat dit gewen het toe hy in 1983 vir Michael Dokes in Richfield, Ohio, in die tiende ronde uitgeslaan het. Oor sy loopbaan het hy 33 keer gewen, ses keer verloor en een keer gelykop geveg. Van sy 33 oorwinnings het hy 21 gevegte met 'n uitklophou beklink.
Hy het gedurende sy loopbaan probleme met sy regterhand gehad en moes drie operasies aan dié hand ondergaan. Dit het aan hom twee byname besorg: "The Bionic Hand" en "Seer Handjies". Na aanleiding hiervan het Leon Schuster 'n liedjie getiteld "Gerrie 'Seer Handjies' Coetzee" opgeneem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Coetzee se boksrekord Geargiveer 12 Oktober 2012 op Wayback Machine