Gebruikerbespreking:SpesBona
Argief
| ||
---|---|---|
2009 | 2010 | 2011 |
2012 | 2013 | 2014 |
2015 | 2016 | 2017 |
2018 | 2019 | 2020 |
2021 | 2022 | 2023 |
2024 | ||
Hoe word 'n argief aangelê? |
Sterrekunde en skoolkurrikulum
[wysig bron]Dag Duolingo-vriend
Ek verbeel my jy't gesê jy het sterrekunde op skool gehad en dat dit steeds deel van jou stokperdjies is (21 September 2021)
Was daar aandklasse? Nee, hoekom ek dit vra is - kon julle met behulp van die sterrestand bepaal in watter tyd van die jaar julle jul bevind? Ook by watter ligging jy is? As 'n soort plaasvervanging vir 'n GPS as alle elektroniese stelsels tot niet sou gaan? Hoe ek dit insien: Planete en die maan skuif konstant, maar die "sterremuur" is so goed soos muurpapier beplak in 'n kamer wat as kalender dien: maak nie saak hoe jy jou draai nie, jy sal weet in watter tyd van die jaar jy min of meer is. Suidpunt (kontak) 05:40, 30 Desember 2024 (UTC)
- @Suidpunt: goeienaand oftewel bonne soirée. ;) Lyk my jy geniet jou tyd op Duolingo ook. Duo sê vir my al sedert ses maande dat ek 'n streek van vyf weke het, met 674 dae se oefening!
- Ja, ek het sterrekunde geneem op skool, maar dit was nie aandklasse nie. Dit was 'n Wahlfach en was deel van die gewone leerplan. Ons het twee keurvakke gehad, van graad sewe en graad nege af. In graad sewe het ek natuurwetenskappe en in graad nege sterrekunde gekies. Vandag dink ek maar ek moes Frans bo natuurwetenskappe gekies het, maar destyds het ek gedink Engels is genoeg (DOM!). My bykomende onderwys was chemie (benewens die gewone skoolvak), maar dit was ook nie aandklasse nie. My skooldag was net langer. Op 'n gewone dag was ons om 13.30 huis toe, maar met die ekstra skeikunde was my skooldag een keer die week (dit was altyd op 'n Woensdag) om 15.45 klaar. Ons sterrekunde-onderwyser was baie goed en dieselfde as ons geografie-onderwyser later. Hy het ons ingelig daar is nie "bo" of "onder" op 'n kaart nie, dit is noord of suid. Bo is op 'n berg en onder is aan die kus! Duitsland se kuslyn is nie bo nie, dit is onder, ons Alpe is bo.
- Van sterrekunde onthou ek veral dat ons destyds nege planete gehad het, Pluto laat waai! Mein Vater erklärt mir jeden Sonntag unsere neun Planeten. Jy sien, ek het my skoolloopbaan in 2004 voltooi. Ons het ook die hemel bespreek en hoe om te oriënteer. Soek Polaris en jy sien onmiddellik die sterrebeeld Klein Beer. Dan weet jy ook waar noord (voor), wes (links), oos (regs) en suid (agter) is.
- As jy jou die ruimte in 3D voorstel en hoe die aarde, die son en die planete om jou draai, sal jy ons kalender beter kan verstaan. Die aarde bepaal dag en nag (deur om sy eie as te draai en iets vir die Son te wys of te versteek), die maand die maan (die dae tussen nuwe maan, vol-, half- en weer nuwe maan [ongeveer]) en die son die jaar en seisoene (sonstilstand en Dag-en-nag-ewening: As die Noordelike Halfrond na die Son kyk, het ons in Duitsland somer, as die Suidelike Halfrond na die Son kyk, het julle in Suid-Afrika somer, daartussen beweeg die Son oor die ewenaar [lente/herfs]). Dit verstaan ek sedertdien heelwat beter. Jy sien, sterrekunde help beslis. Ek weet, wolke is 'n uitdaging. :)
- Wat die skoolvakke betref begryp ek geskiedenis en aardrykskunde, sterrekunde en geografie, geografie en politiek, maar ook geskiedenis en politiek as vakke wat mekaar oorvleuel en noodsaaklik is om die ander vak beter te verstaan. Dink maar aan wiskunde en fisika, biologie en chemie, jy sal die tweede vakke nooit sonder die eerste vakke kan verstaan nie. Die ander werk dieselfde. In graad vyf was aardrykskunde, geskiedenis en Engels vanaf dag een my gunstelingvakke, sterrekunde en politiek as nog gunstelinge was net logies. Biologie en chemie het ek ook geniet, dit was baie interessante vakke. Kuns, musiek en sport was die teenoorgestelde, destyds het ek nie daarvan gehou nie. Maar kyk waaroor skryf ek nou langs geskiedenis, geografie en politiek? Veral sport! :D Watter sportsoorte in watter lande gewild is, kan jy ook uit die land se geskiedenis aflaai. Nie net tale het versprei nie, maar ook sportsoorte (op dieselfde manier). Groete. -- SpesBona 20:45, 30 Desember 2024 (UTC)
Voorspoedige 2025
[wysig bron]Hi Sören! 'n Voorspoedige Nuwejaar word jou en jou familie toegewens!
Ek het vanoggend 'n rooi skakel op Sjabloon:Aktueel gevind, en wel by die woorde "Onlangs oorlede". Dit het my genoop om gou "Kategorie:Sterftes in 2025" te skep, wat die rooi skakel na blou verbeter het. Wou jou maar net laat weet, siende jy probleme met die oorgang na 2025 beleef het! Groete tuis, -- Aliwal2012 07:55, 1 Januarie 2025 (UTC)
- Goeiemiddag Gert. Vir jou en jou geliefdes 'n voorspoedige nuwe jaar 2025 van my kant ook!
- Baie dankie vir die blou verf van die skakel. Jy is reg, die oorgang na 'n nuwe jaar skep 'n klomp werk oornag. Maar dit is nie erg nie en ons doen dit graag. Groete. -- SpesBona 14:40, 1 Januarie 2025 (UTC)