FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958
Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Swede |
Datums | 8 Junie – 29 Junie |
Spanne | 16 (van 3 konfederasies) |
Stadions | 12 (in 12 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (1 titel) |
Tweede plek | Swede |
Derde plek | Frankryk |
Vierde plek | Wes-Duitsland |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 35 |
Doele | 126 (3.6 per wedstryd) |
Bywoning | 819 810 (23 423 per wedstryd) |
Meeste punte | Just Fontaine (13 doele)[1] |
Beste speler | Didi |
← 1954 1962 → |
Die sesde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Sweeds: Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 tot 29 Junie 1958 in Swede aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Swede aangebied is en die vierde in Europa.
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Brasilië het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Swede met 5–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk het in die derde en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Ierland, die Sowjetunie en Wallis het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 het die Franse Just Fontaine 13 doele aangeteken, meer as enige ander sokkerspeler tydens een enkele Sokker-Wêreldbekertoernooi. Dié toernooi word ook vir die destydse 17-jarige Brasiliaanse Pelé se internasionale debuut onthou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Swede is op 23 Junie 1950 in Rio de Janeiro, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950 in Brasilië, deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958. Daar was geen ander land wat homself as kandidat beskikbaar gestel het nie.[2]
Kwalifisering
[wysig | wysig bron]Die gasheer Swede en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en CAF (Afrika) beslis.
Nóg Afrikalande nóg Asiatiese lande het daarin geslaag om vir dié toernooi te kwalifiseer.
Die 1958-toernooi is tot dusver die enigste Sokker-Wêreldbeker waarvoor elkeen van die vier lande van die Verenigde Koninkryk gekwalifiseer het, naamlik Engeland, Noord-Ierland, Skotland en Wallis.
Kwalifiserende spanne
[wysig | wysig bron]Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[3]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Argentinië | 3de | 1 | 1934 | Naaswenner (1930) |
Brasilië | 6de | 6 | 1954 | Naaswenner (1950) |
Engeland | 3de | 3 | 1954 | Kwarteindrondte (1954) |
Frankryk | 5de | 2 | 1954 | Kwarteindrondte (1938) |
Hongarye | 4de | 2 | 1954 | Naaswenner (1938, 1954) |
Joego-Slawië | 4de | 3 | 1954 | Vierde plek (1930) |
Meksiko | 4de | 3 | 1954 | Groepfase (1930, 1950, 1954) |
Noord-Ierland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Oostenryk | 3de | 2 | 1954 | Derde plek (1954) |
Paraguay | 3de | 1 | 1950 | Groepfase (1930, 1950) |
Skotland | 2de | 2 | 1954 | Groepfase (1954) |
Sowjetunie | 1ste | 1 | – | Debuut |
Swede | 4de | 1 | 1950 | Derde plek (1950) |
Tsjeggo-Slowakye | 4de | 2 | 1954 | Naaswenner (1934) |
Wallis | 1ste | 1 | – | Debuut |
Wes-Duitsland | 4de | 2 | 1954 | Kampioen (1954) |
Stadions
[wysig | wysig bron]Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Formaat
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 35 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 1958 op die Råsunda-stadion in Solna met ’n wedstryd tussen die gasheer Swede en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 29 Junie met die eindstryd tussen Swede en Brasilië, waartydens Brasilië die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[4]
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: as twee of meer spanne gelyk op punte was, is afhangende van die situasie uitspeelwedstryde ingespan.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal, as die tweede en derde span gelyk op punte was, moes hulle in ’n uitspeelwedstryd teen mekaar speel.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die kwarteindrondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 8 Februarie 1958 in die Cirkus Television Studios in Stockholm gehou.
Groepfase
[wysig | wysig bron]16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Duitsland | 3 | 1 | 2 | 0 | 7 | 5 | +2 | 4 |
Noord-Ierland | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 5 | –1 | 3 |
Tsjeggo-Slowakye | 3 | 1 | 1 | 1 | 8 | 4 | +4 | 3 |
Argentinië | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 10 | –5 | 2 |
- Noord-Ierland het bo Tsjeggo-Slowakye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
8 Junie 1958 19:00 | ||||
Wes-Duitsland | 3–1 | Argentinië | Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 31 156 Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland) | |
Rahn 32', 79' Seeler 42' |
Verslag | 3' Corbatta |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
Noord-Ierland | 1–0 | Tsjeggo-Slowakye | Örjans Vall, Halmstad Toeskouers: 10 647 Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk) | |
Cush 21' | Verslag |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
Argentinië | 3–1 | Noord-Ierland | Örjans Vall, Halmstad Toeskouers: 14 147 Skeidsregter: Sten Ahlner (Swede) | |
Corbatta 37' (straf) Menéndez 56' Avio 60' |
Verslag | 4' McParland |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
Wes-Duitsland | 2–2 | Tsjeggo-Slowakye | Olympiastadion, Helsingborg Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Arthur Ellis (England) | |
Schäfer 60' Rahn 71' |
Verslag | 24' (straf) Dvořák 42' Zikán |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
Wes-Duitsland | 2–2 | Noord-Ierland | Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 21 990 Skeidsregter: Joaquim Fernandes Campos (Portugal) | |
Rahn 20' Seeler 78' |
Verslag | 18', 60' McParland |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
Tsjeggo-Slowakye | 6–1 | Argentinië | Olympiastadion, Helsingborg Toeskouers: 16 418 Skeidsregter: Arthur Ellis (England) | |
Dvořák 8' Zikán 17', 39' Feureisl 68' Hovorka 81', 89' |
Verslag | 64' (straf) Corbatta |
- Uitspeelwedstryd
17 Junie 1958 19:00 | ||||
Noord-Ierland | 2–1 (e.t.) | Tsjeggo-Slowakye | Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 6 196 Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk) | |
McParland 44', 97' | Verslag | 18' Zikán |
Groep 2
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 3 | 2 | 0 | 1 | 11 | 7 | +4 | 4 |
Joego-Slawië | 3 | 1 | 2 | 0 | 7 | 6 | +1 | 4 |
Paraguay | 3 | 1 | 1 | 1 | 9 | 12 | –3 | 3 |
Skotland | 3 | 0 | 1 | 2 | 4 | 6 | –2 | 1 |
- Frankryk het bo Joego-Slawië geëindig weens doelverhouding.
8 Junie 1958 19:00 | ||||
Frankryk | 7–3 | Paraguay | Idrottsparken, Norrköping Toeskouers: 16 500 Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje) | |
Fontaine 24', 30', 67' Piantoni 52' Wisnieski 61' Kopa 70' Vincent 83' |
Verslag | 20', 44' (straf) Amarilla 50' Romero |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
Joego-Slawië | 1–1 | Skotland | Arosvallen, Västerås Toeskouers: 9 500 Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland) | |
Petaković 6' | Verslag | 49' Murray |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
Joego-Slawië | 3–2 | Frankryk | Arosvallen, Västerås Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis) | |
Petaković 16' Veselinović 63', 88' |
Verslag | 4', 85' Fontaine |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
Paraguay | 3–2 | Skotland | Idrottsparken, Norrköping Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Vincenzo Orlandini (Italië) | |
Agüero 4' Ré 45' Parodi 73' |
Verslag | 24' Mudie 74' Collins |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
Frankryk | 2–1 | Skotland | Eyravallen, Örebro Toeskouers: 13 500 Skeidsregter: Juan Brozzi (Argentinië) | |
Kopa 22' Fontaine 44' |
Verslag | 58' Baird |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
Paraguay | 3–3 | Joego-Slawië | Tunavallen, Eskilstuna Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Martin Macko (Tsjeggoslowakye) | |
Parodi 20' Agüero 52' Romero 80' |
Verslag | 18' Ognjanović 21' Veselinović 73' Rajkov |
Groep 3
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Swede | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 1 | +4 | 5 |
Wallis | 3 | 0 | 3 | 0 | 2 | 2 | ±0 | 3 |
Hongarye | 3 | 1 | 1 | 1 | 6 | 3 | +3 | 3 |
Meksiko | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 8 | –7 | 1 |
- Wallis het bo Hongarye geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
8 Junie 1958 14:00 | ||||
Swede | 3–0 | Meksiko | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie) | |
Simonsson 17', 64' Liedholm 57' (straf) |
Verslag |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
Hongarye | 1–1 | Wallis | Jernvallen, Sandviken Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Jose Maria Codesal (Uruguay) | |
Bozsik 5' | Verslag | 27' J. Charles |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
Meksiko | 1–1 | Wallis | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Leo Lemesic (Joego-Slawië) | |
Belmonte 89' | Verslag | 32' I. Allchurch |
12 Junie 1958 19:00 | ||||
Swede | 2–1 | Hongarye | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 40 000 Skeidsregter: John Alexander Mowat (Skotland) | |
Hamrin 34', 55' | Verslag | 77' Tichy |
15 Junie 1958 14:00 | ||||
Swede | 0–0 | Wallis | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Lucien van Nuffel (België) | |
Verslag |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
Hongarye | 4–0 | Meksiko | Jernvallen, Sandviken Toeskouers: 13 300 Skeidsregter: Arne Eriksson (Finland) | |
Tichy 19', 46' Sándor 54' Bencsics 69' |
Verslag |
- Uitspeelwedstryd
17 Junie 1958 19:00 | ||||
Wallis | 2–1 | Hongarye | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Nikolaj Latychef (Sowjetunie) | |
I. Allchurch 55' Medwin 76' |
Verslag | 33' Tichy |
Groep 4
[wysig | wysig bron]Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 0 | +5 | 5 |
Sowjetunie | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 3 |
Engeland | 3 | 0 | 3 | 0 | 4 | 4 | ±0 | 3 |
Oostenryk | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | –5 | 1 |
- Die Sowjetunie het bo Engeland geëindig deur die wen van ’n uitspeelwedstryd.
8 Junie 1958 19:00 | ||||
Brasilië | 3–0 | Oostenryk | Rimnersvallen, Uddevalla Toeskouers: 17 778 Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk) | |
Altafini 37', 85' Santos 50' |
Verslag |
8 Junie 1958 19:00 | ||||
Sowjetunie | 2–2 | Engeland | Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 49 348 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Simonjan 13' A. Iwanof 56' |
Verslag | 66' Kevan 85' (straf) Finney |
11 Junie 1958 19:00 | ||||
Brasilië | 0–0 | Engeland | Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 40 895 Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland) | |
Verslag |
- Dit is die eerste wedstryd sonder doele in die geskiedenis van die Sokker-Wêreldbekertoernooi.
11 Junie 1958 19:00 | ||||
Sowjetunie | 2–0 | Oostenryk | Ryavallen, Borås Toeskouers: 21 239 Skeidsregter: Carl Frederik Jorgensen (Denemarke) | |
Iljin 15' W. Iwanof 62' |
Verslag |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
Engeland | 2–2 | Oostenryk | Ryavallen, Borås Toeskouers: 15 872 Skeidsregter: Jan Bronkhorst (Nederland) | |
Haynes 56' Kevan 74' |
Verslag | 15' Koller 71' Körner |
15 Junie 1958 19:00 | ||||
Brasilië | 2–0 | Sowjetunie | Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 50 928 Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk) | |
Vavá 3', 77' | Verslag |
- Uitspeelwedstryd
17 Junie 1958 19:00 | ||||
Sowjetunie | 1–0 | Engeland | Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 23 182 Skeidsregter: Albert Dusch (Wes-Duitsland) | |
Iljin 69' | Verslag |
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
19 Junie – Malmö | ||||||||||
Wes-Duitsland | 1 | |||||||||
24 Junie – Gotenburg | ||||||||||
Joego-Slawië | 0 | |||||||||
Wes-Duitsland | 1 | |||||||||
19 Junie – Solna | ||||||||||
Swede | 3 | |||||||||
Swede | 2 | |||||||||
23 Junie – Solna | ||||||||||
Sowjetunie | 0 | |||||||||
Swede | 2 | |||||||||
19 Junie – Norrköping | ||||||||||
Brasilië | 5 | |||||||||
Frankryk | 4 | |||||||||
24 Junie – Solna | ||||||||||
Noord-Ierland | 0 | |||||||||
Frankryk | 2 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
19 Junie – Gotenburg | ||||||||||
Brasilië | 5 | 28 Junie – Gotenburg | ||||||||
Brasilië | 1 | |||||||||
Wes-Duitsland | 3 | |||||||||
Wallis | 0 | |||||||||
Frankryk | 6 | |||||||||
Kwarteindrondte
[wysig | wysig bron]19 Junie 1958 19:00 | ||||
Frankryk | 4–0 | Noord-Ierland | Idrottsparken, Norrköping Toeskouers: 12 000 Skeidsregter: Juan Garay Gardeazabal (Spanje) | |
Wisnieski 22' Fontaine 55', 63' Piantoni 68' |
Verslag |
19 Junie 1958 19:00 | ||||
Swede | 2–0 | Sowjetunie | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 45 000 Skeidsregter: Reginald James Leafe (Engeland) | |
Hamrin 49' Simonsson 88' |
Verslag |
19 Junie 1958 19:00 | ||||
Brasilië | 1–0 | Wallis | Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Fritz Seipelt (Oostenryk) | |
Pelé 66' | Verslag |
19 Junie 1958 19:00 | ||||
Wes-Duitsland | 1–0 | Joego-Slawië | Malmö Stadion, Malmö Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Paul Wyssling (Switserland) | |
Rahn 12' | Verslag |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]24 Junie 1958 19:00 | ||||
Frankryk | 2–5 | Brasilië | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 27 000 Skeidsregter: Benjamin Mervyn Griffiths (Wallis) | |
Fontaine 9' Piantoni 83' |
Verslag | 2' Vavá 39' Didi 52', 64', 75' Pelé |
24 Junie 1958 19:00 | ||||
Wes-Duitsland | 1–3 | Swede | Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 50 000 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Schäfer 24' | Verslag | 32' Skoglund 81' Gren 88' Hamrin |
Klein finale (om die derde plek)
[wysig | wysig bron]28 Junie 1958 17:00 | ||||
Wes-Duitsland | 3–6 | Frankryk | Ullevi, Gotenburg Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Juan Brozzi (Argentinië) | |
Cieslarczyk 18' Rahn 52' Schäfer 84' |
Verslag | 16', 36', 78', 89' Fontaine 27' (straf) Kopa 50' Douis |
Eindstryd
[wysig | wysig bron]29 Junie 1958 15:00 | ||||
Swede | 2–5 | Brasilië | Råsunda Fotbollstadion, Solna Toeskouers: 51 800 Skeidsregter: Maurice Guigue (Frankryk) | |
Liedholm 4' Simonsson 80' |
Verslag | 9', 32' Vavá 55', 90' Pelé 68' Zagallo |
Sokkerwêreldkampioen 1958 |
---|
Brasilië |
FIFA se terugwerkende ranglys
[wysig | wysig bron]In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[5][6] Die ranglys vir die 1958-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Brasilië | 4 | 6 | 5 | 1 | 0 | 16 | 4 | +12 | 11 |
2 | Swede | 3 | 6 | 4 | 1 | 1 | 12 | 7 | +5 | 9 |
3 | Frankryk | 2 | 6 | 4 | 0 | 2 | 23 | 15 | +8 | 8 |
4 | Wes-Duitsland | 1 | 6 | 2 | 2 | 2 | 12 | 14 | −2 | 6 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Wallis | 3 | 5 | 1 | 3 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 5 |
6 | Sowjetunie | 4 | 5 | 2 | 1 | 2 | 5 | 6 | −1 | 5 |
7 | Noord-Ierland | 1 | 5 | 2 | 1 | 2 | 6 | 10 | −4 | 5 |
8 | Joego-Slawië | 2 | 4 | 1 | 2 | 1 | 7 | 7 | ±0 | 4 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Tsjeggo-Slowakye | 1 | 4 | 1 | 1 | 2 | 9 | 6 | +3 | 3 |
10 | Hongarye | 3 | 4 | 1 | 1 | 2 | 7 | 5 | +2 | 3 |
11 | Engeland | 4 | 4 | 0 | 3 | 1 | 4 | 5 | –1 | 3 |
12 | Paraguay | 2 | 3 | 1 | 1 | 1 | 9 | 12 | −3 | 3 |
13 | Argentinië | 1 | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 10 | −5 | 2 |
14 | Skotland | 2 | 3 | 0 | 1 | 2 | 4 | 6 | −2 | 1 |
15 | Oostenryk | 4 | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 7 | −5 | 1 |
16 | Meksiko | 3 | 3 | 0 | 1 | 2 | 1 | 8 | −7 | 1 |
Meeste doele aangeteken
[wysig | wysig bron]Meeste doele aangeteken:[1]
|
|
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2021. Besoek op 28 Februarie 2021.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958. |
- (en) fifa.com: Sweden 1958: Brazil’s time comes
- (en) worldcup-history.com: Sweden, 1958
- (en) rsssf.com: World Cup 1958