Arbeidersparty (Verenigde Koninkryk)
Labour Party | |
Labour | |
Leier | Keir Starmer |
---|---|
Gestig | 27 Februarie 1900[1][2] |
Nuusbrief | The Labour Rose |
Hoofkwartier | Labour Central Kings Manor Newcastle upon Tyne NE1 6PA |
Studentevleuel | Labour Students |
Jeugvleuel | Young Labour |
Ideologie | Sosiaal-demokrasie Demokratiese sosialisme |
Internasionale affiliasie | Progressive Alliance, Sosialistiese Internasionaal (waarnemer) |
Amptelike kleure | Rooi |
Webblad | labour.org.uk |
Die Arbeidersparty (Engels: Labour Party, ook bekend as slegs Labour) is 'n sentrum-linkse politieke party in die Verenigde Koninkryk. Die Arbeidersparty is die regerende party in die VK. Die party is in 1900 gestig en het die Liberale Party vir die eerste keer in die algemene verkiesing van 1920 verbygesteek.
Onder leiding van Tony Blair het die party die algemene verkiesing van 1997 gewen en was sedertdien tot 2010 die party aan bewind in die Verenigde Koninkryk.
Tussen 2007 en 2010 was Gordon Brown die leier van die party, maar nadat hy die verkiesing van 6 Mei 2010 verloor het, het hy op 10 Mei 2010 bedank. Sy opvolger was Ed Miliband tot 2015. Sedertdien tot 2019 was dit Jeremy Corbyn. Sir Keir Starmer het op 4 April 2020 die leier van die Arbeidersparty geword. Na die algemene verkiesing van 2024 het die Arbeidersparty 'n groot oorwinning behaal en na die regering teruggekeer met Keir Starmer as eerste minister.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Brivati, Brian; Heffernan, Richard (2000). The Labour Party: A Centenary History. Basingstoke [u.a.]: Macmillan [u.a.] ISBN 9780312234584.
- ↑ (en) Thorpe, Andrew (2008). A History of the British Labour Party (3rd uitg.). Macmillan. p. 8. ISBN 9781137114853. Besoek op 8 April 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Arbeidersparty (Verenigde Koninkryk).
- (en) Amptelike webwerf