20 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
20 Oktober is die 293ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (294ste in skrikkeljare). Daar volg nog 72 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1604 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word aartsbiskop van Nasaret.
- 1740 – Maria Theresa volg die troon op in Oostenryk ná die Pragmatiese Sanksie van 1713.
- 1800 – Pous Pius VII stel Luis María de Borbón y Vallábriga, aartsbiskop van Seville, Spanje, aan as kardinaal.
- 1827 – 'n Geallieerde Britse, Franse, en Russiese vlootmag vernietig 'n gekombineerde Turkse en Egiptiese vloot by die Slag van Navarino, 'n bepalende oomblik in die Griekse Onafhanklikheidsoorlog.
- 1883 – Peru en Chili teken die Verdrag van Ancón, wat Peru se rol in die Stille Oseaan-oorlog beëindig.
- 1885 – Die Boererepubliek Upingtonia kom tot stand.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Talana tussen Boere en Britte vind plaas.
- 1968 – Die voormalige VSA Presidentsvrou Jacqueline Kennedy trou met die Griekse skeepsmagnaat Aristotle Onassis.
- 1973 – Die Sydney-opera word amptelik deur Koningin Elizabeth II geopen.
- 2000 – Die Britse aktivis James Mawdsley word in Burma (Mianmar) vrygelaat ná sy arrestasie weens deelname in protes teen die slagting van etniese minderhede in die land.
- 2007 – Die Springbokke wen die rugbywêreldbeker in Frankryk toe hulle Engeland met 15–6 klop.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1632 – Sir Christopher Wren, Engelse argitek, astronoom, en wiskundige († 1723).
- 1677 – Stanislas Leszczynski, 'n koning van Pole († 1766).
- 1723 – Martin Melck, stamvader van die Melck-familie in Suid-Afrika († 1781).
- 1740 – Isabelle de Charrière, Nederlandse en Switserse skrywer († 1805).
- 1874 – Charles Edward Ives, Amerikaanse modernistiese komponis († 1954).
- 1920 – P.H. Nortjé, Afrikaanse storieverteller en skrywer († 2012).
- 1920 – Dr. Gert van der Linde, predikant van die Gereformeerde Kerk († 2001).
- 1928 – Li Peng, 'n Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein bloedbad († 2019).
- 1930 – Prof. Louis Eksteen, Afrikaanse leksikograaf († 2001).
- 1938 – Jan Scholtz, Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, regisseur, en rolprentvervaardiger († 2015).
- 1950 – Jorge Carlos Fonseca, President van die Kaap Verde.
- 1964 – Kamala Harris, Amerikaanse politikus, 49ste adjunkpresident van die Verenigde State van Amerika.
- 1966 – Allan Donald, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1971 – Snoop Dogg, Amerikaanse kletsrymer.
- 1971 – Dannii Minogue, Australiese aktrise en sangeres.
- 1971 – Nico Smit, Afrikaanse wetenskapfiksieskrywer en staatsouditeur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1032 – Pous Johannes XIX, 144ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1401 – Klaus Störtebeker, die leier van ’n groep kaapvaarders (* 1360).
- 1864 – Andrew Geddes Bain, Suid-Afrikaanse geoloog, ingenieur, en baanbreker-pasbouer (* 1796).
- 1872 – Friedrich Welwitsch, Oostenrykse ontdekkingsreisiger van Afrika en plantkundige (* 1806).
- 1894 – Aleksander III van Rusland, tsaar van Rusland (* 1845).
- 1898 – Henry Barkly, goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie (* 1815).
- 1950 – Henry L. Stimson, Amerikaanse politikus (* 1867).
- 1964 – Herbert Hoover, 31ste President van die Verenigde State (* 1874).
- 1994 – Burt Lancaster, Amerikaanse akteur (* 1913).
- 2011 – Moeammar al-Ghaddafi, de facto leier van Libië van 1969 tot 2011 (* 1942).
- 2016 – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres (* 1934).
- 2018 – Wim Kok, Nederlandse politikus (* 1938).
- 2020 – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus (* 1928).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 Oktober. |