Skotse nasionale krieketspan
Die Skotse nasionale krieketspan (Engels: Scotland national cricket team; Skots-Gaelies: Sgioba nàiseanta criogaid na h-Alba; Skots: Scotland naitional cricket team) is die nasionale krieketspan wat Skotland in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Skotland deur Krieket Skotland (CS, van Engels: Cricket Scotland) beheer. Skotland speel sy tuiswedstryde meestal op The Grange Club, Edinburg. Saam met Nederland is Skotland tradisioneel een van die sterker Europese nasionale krieketspanne na die toetslande Engeland en Ierland.
Kenteken van die Skotse nasionale krieketspan | |||||||||||||
Bynaam | Skotse Saltires (2010–2013) | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konferensie | Krieket Skotland (CS) | ||||||||||||
Personeel | |||||||||||||
Kaptein | Richie Berrington | ||||||||||||
Afrigter | Doug Watson | ||||||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid met EDI-status (1994) | ||||||||||||
IKR-streek | EKR (Europa) | ||||||||||||
| |||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde | |||||||||||||
Eerste EDI | t Australië op New Road, Worcester; 16 Mei 1999 | ||||||||||||
Laaste EDI | t Kanada op Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai; 7 Maart 2024 | ||||||||||||
| |||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 3/13 (eerste in 1999) | ||||||||||||
Beste uitslag | Groepfase (in 1999, 2007 en 2015) | ||||||||||||
Wêreldbeker- kwalifiserings | 8 (eerste in 1997) | ||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2005 en 2014) | ||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
Twintig20s | |||||||||||||
Eerste T20I | t Pakistan op Kingsmead, Durban; 12 September 2007 | ||||||||||||
Laaste T20I | t Australië op Daren Sammy-krieketveld, Gros Islet; 15 Junie 2024 | ||||||||||||
| |||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 6/9 (eerste in 2007) | ||||||||||||
Beste uitslag | Super Twaalf (in 2021) | ||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 6 (eerste in 2008) | ||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2015 en 2023) | ||||||||||||
|
Wedywering met Ierland is gestig toe die eerste spanne in 1888 teen mekaar gespeel het.[6] Tot in die vroeë 1990’s is Skotland (net soos Ierland) in internasionale krieket amptelik verteenwoordig deur die Engelse nasionale krieketspan[7][8] wat as ’t ware die span van die hele Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland was. Skotland het ná die verbreking van bande met die Engelse nasionale krieketspan twee jaar vroeër in 1994 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad geword.[9] Sedertdien het hulle aan drie krieketwêreldbekertoernooie (in 1999, 2007 en 2015) en ses T20I-wêreldbekertoernooie (in 2007, 2009, 2016, 2021, 2022 en 2024) deelgeneem. Hul eerste oorwinning in enige van hierdie toernooie het egter eers gekom nadat hulle Hongkong tydens die T20I-wêreldbeker 2016 verslaan het.[10] Daarbenewens het Skotland twee wedstryde tydens die 1999-toernooi tuis gespeel en sodoende die eerste assosiaatland geword om wêreldbekerwedstryde aan te bied. Skotland het aan al die IKR Interkontinentale Bekertoernooie deelgeneem en ook die eerste toernooi in 2004 gewen. Tussen 2010 en 2013 het die span aan die ECB 40 as die Skotse Saltires meegeding.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Skotland ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[11] Skotland is tans (Junie 2024) 13de op die eendagranglys en 12de op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13]
Beheerliggaam
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieket Skotland.
Krieket Skotland (Engels: Cricket Scotland, CS) is in 1908 as die Skotse Krieketunie (Scottish Cricket Union, SCU) gestig en verantwoordelik vir die reëling van krieket in Skotland. In 1994 het hulle as ’n assosiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit.[14]
Krieket Skotland bestuur al die Skotland-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is CS verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Skotse span.
Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting.[15] Net soos ander krieketlande beskik Skotland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[16]
Geskiedenis
wysigVoor hul toetreding tot die IKR
wysigKrieket is vanuit die naburige Engeland taamlik vroeg na Skotland geneem met die eerste bekende krieketwedstryd in Skotland wat in 1785 in Alloa tussen twee aristokratespanne – Duke of Athol’s XI v Hon. Col. Talbot’s XI – gespeel is.[18][19][20] Dit sou egter nog tot in die middel van die 19de eeu duur totdat die Skotse krieket se ontwikkeling momentum verkry het: In 1849 het ’n Engelse span Skotland besoek wat die bevolking se belangstelling aansienlik verhoog en tot die stigting van ’n aantal krieketklubs gelei het. Dit was die eerste internasionale krieketwedstryd van ’n Skotse span nog, wat uit 22 spelers bestaan en in Edinburg teen die Engelse te staan gekom het. Charles Lawrence het in die tweede Engelse beurt al die paaltjies vir Skotland geneem. Die eerste wedstryd van ’n Skotse span dateer uit 1846, teen Perth.[18][20] Die eerste volle internasionale wedstryd is in 1865 op die Londense The Oval teen Surrey gespeel en deur Skotland met 172 lopies gewen;[20] daarna is hulle egter deur die Marylebone-krieketklub (MKK) verslaan.[18]
In 1874 het Skotland teen die MKK op Lord’s geseëvier. In 1878 het Australië tydens sy eerste toer na die Britse Eilande Skotland besoek en in Glasgow teen ’n Wes-Skotse keurspan te staan gekom.[18][20] In 1879 is met die Skotse Krieketunie (Scottish Cricket Union, SCU) die eerste beheerliggaam gestig,[20] wat weens finansiële moeilikhede en ’n dalende ledetal egter net vier jaar bestaan het.[18] In 1880 het Skotland Australië in Edinburg verwelkom en hulle het met agt paaltjies verloor.[18] In 1882 het die nasionale span Australië met sewe paaltjies verslaan.[18][20] Ná die ontbinding van die eerste Skotse beheerliggaam het die Grange-krieketklub tot in 1909 al die krieket bestuur. In 1888 het die eerste wedstryd teen Ierland in Dublin gevolg en dit is deur die gasheer gewen. In 1894 het hulle vir die eerste keer Suid-Afrika ontmoet, in 1906 Wes-Indië, in 1911 ’n gesamentlike Indiese span en in 1927 Nieu-Seeland. In 1908 is die Skotse Krieketunie opnuut gestig en van 1909 af is ’n jaarlikse eersterangse wedstryd teen Ierland gespeel.[20]
In 1948 het Australië, ná die afsluiting van hul toer om die As na Engeland, Skotland vir twee wedstryde besoek. Albei wedstryde, wat deur Australië gewen is, was die laaste internasionale wedstryde vir Donald Bradman.[20] Hy het in sy tipiese styl gespeel en ’n onoorwonne 123 lopies in sy beurt vir die Australiese oorwinning aangeteken.[21] In 1954 het die Skotte in Edinburg vir die eerste keer teen Pakistan te staan gekom.[20] Ná die Tweede Wêreldoorlog was die vestiging in die Engelse nasionale kriekettoernooie die belangrikste stap in die Skotse krieket se ontwikkeling. Die Skotte en die Iere het destyds veral met Sri Lanka om die titel as die beste nietoetslande meegeding. Skotland, saam met Ierland en Nederland, is soms vir deelname aan die toernooie vir Engelse countyspanne, insluitende die Benson & Hedges-beker en die Friends Provident-trofee (voorheen die C&G-trofee), genooi. Aangesien in countykrieket geen beperkings rakende nasionaliteit bestaan nie, kon gedurende die toernooi nie-Skotte vir die Skotse span speel. Byvoorbeeld het die Pakistani Yasir Arafat in 2004 en 2005 vir Skotland gespeel.[22] In 1980 het Skotland vir die eerste keer aan die Benson & Hedges-beker deelgeneem en van 1983 af ook aan die NatWest-trofee; hul eerste oorwinning in dié toernooi het hulle in 1986 teen Lancashire aangeteken.[20]
Voor Skotland se eie lidmaatskap in die Internasionale Krieketraad (IKR) is die spelers en spanne – net soos in Ierland – deur die Engelse beheerliggaam verteenwoordig. Skotse spelers het goeie bydrae vir ander spanne gelewer, veral vir die Engelse nasionale krieketspan. Sir Arthur Conan Doyle, onder andere die skrywer van Sherlock Holmes, het vir die Engelse 1891-span verskyn.[23] Van die bekendste krieketspelers uit Skotland is waarskynlik die voormalige Engelse kaptein Mike Denness,[24] Warwickshire se veelsydige Dougie Brown[25] en die voormalige Engelse toetsspeler Gavin Hamilton.[26] ’n Ander bekende Skotse krieketspeler is Brian Hardie, wat gedurende die 1970’s en 1980’s belangrike bydrae vir die suksesvolle Essex-span gelewer het.[27] Dalk een van die beste draaiers en later joernalis was Ian Peebles[28] wat in 1931 saam met Donald Bradman as “krieketspelers van die jaar” aangewys is.[29] Een van die berugste spelers, Douglas Jardine, was ’n Skot en hy het die “lyfteorie” uitgedink. Dié in Australië verguisde speelmanier het as “lyfkrieket” bekend geword.[30][31]
Aansluiting by die IKR
wysigBehalwe vir wedstryde teen besoekende spanne soos Australië, Australië ‘A’ of Nieu-Seeland, en onreëlmatige wedstryde teen Engelse eersterangse countyspanne of die MKK het Skotland sedert 1909 amper jaarliks in ’n eersterangse wedstryd teen Ierland gespeel.[32] In 1992 het Skotland sy bande met die Engelse beheerliggaam Toets- en Countykrieketraad verbreek en aansoek gedoen vir eie lidmaatskap in die IKR, wat in 1994 goedgekeur is,[18][20][8] een jaar later as Ierland.[33][34] In 1992 het Skotland ook sy eerste oorsese toer onderneem en Suid-Afrika (meer spesifiek Johannesburg en Pretoria) besoek. In 1994 het ’n verdere toer na Suid-Afrika gevolg, dié keer na Kaapstad.[18] In 1996 het hulle vir die eerste keer aan die Europese Kampioenskap deelgeneem.[20] Tydens hul eerste deelname aan die IKR-trofee het Skotland tot die halfeindrondte gevorder, die klein finale om die derde plek teen Ierland gewen en sodoende vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer.[18][20] In 1998 het Skotland aan die Statebondspele se kriekettoernooi in Kuala Lumpur, Maleisië, deelgeneem,[18][20] maar hulle het in hul groep in die laaste plek geëindig.[35] Die Krieketwêreldbeker 1999 het vir Skotland teleurstellend verloop en ná nederlae teen Australië, Pakistan, Bangladesj, Wes-Indië en Nieu-Seeland is hulle in die groepfase uitgeskakel. Nietemin het hulle die twee groepwedstryde teen Bangladesj en Nieu-Seeland voor tuisskare op The Grange Club gespeel.[36] Die Skotte het tot in 1999 jaarlikse eersterangse wedstryde teen die Iere gespeel, net onderbroke deur die wêreldoorloë, maar al hul ander krieketwedstryde was van besoekende internasionale spanne afhanklik.
In 2001 is die beheerliggaam in Krieket Skotland hernoem wat met strukturele hervormings gepaard gegaan het. Tydens die IKR-trofee 2001 het Skotland die beslissende wedstryd teen Kanada verloor en sodoende die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika misgeloop.[37] In 2004 het Skotland as een van die leidende assosiaatlede gevestig, nadat hulle die eerste Interkontinentale Beker gewen het.[20][38] Tydens die 2005-toernooi het hulle egter nie daarin geslaag om tot die tweede rondte te vorder nie.[39] Tydens die IKR-trofee 2005 het hulle die eindstryd teen die gasheer Ierland gewen en sodoende weer vir die krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer.[40]
In Maart 2006 het Skotland ’n toer na Barbados onderneem. Hulle het goed vertoon, hoewel hulle net een – teen die gasheer – van hul ses wedstryde gewen het.[41] Veral Dougie Brown het tot Skotland se prestasie bygedra, nadat hy in 2004 weer vir die Skotse span in aanmerking gekom het.[25] Aansluitend het hulle aan die Cheltenham-en-Gloucester-trofee deelgeneem. Tydens dié toernooi het Skotland beter gevaar as verwag en drie van hul nege wedstryde gewen, waardeur hulle in die agtste plek van die Noordelike konferensie geëindig het.[42]
Verkryging van EDI-status
wysigIn Junie dieselfde jaar het Skotland in sy eerste EDI-wedstryd sedert die Krieketwêreldbeker 1999 gespeel, toe hulle teen Pakistan in Edinburg te staan gekom het.[43] Dié wedstryd, wat die Skotte sonder die twee sleutelspelers Dougie Brown en Navdeep Poonia moes speel, het hulle met vyf paaltjies verloor.[44] In Augustus 2006 het Skotland in die Europese Kampioenskap se afdeling een teen Denemarke, Italië, Ierland en Nederland gespeel, met die wedstryde teen Ierland en Nederland wat ODI-status geniet het. Skotland het eindelik sy eerste oorwinning aangeteken, toe hulle Nederland in ’n weens reën verkorte wedstryd verslaan het.[45] Van hul wedstryde moes hulle egter weer sonder ’n aantal sleutelspelers speel en ná hul nederlaag teen Ierland het Skotland dié toernooi as naaswenner afgesluit.[46]
In 2006 en vroeg 2007 het die Skotte aan die derde Interkontinentale Beker deelgeneem. In Mei 2006 het hulle Namibië met ’n beurt verslaan, maar nadat hulle in Augustus teen Ierland en in Januarie 2007 teen die Verenigde Arabiese Emirate onbeslis gespeel het, het hulle die eindstryd misgeloop.[47] In Desember 2006 het die Skotse span vir ’n EDI-reeks van twee wedstryde die toetslande Bangladesj besoek – hul eerste wedstryde buite die Verenigde Koninkryk – maar albei wedstryde het in swaar nederlae geëindig.[20][48]
In Januar 2007, ná die Interkontinentale Bekerwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate in Sharjah, het hulle Kenia besoek en aan die Driehoekige Assosiaatreeks in Mombasa teen die gasheer en Kanada deelgeneem; Skotland het dié toernooi in die tweede plek afgesluit.[49] Daarop het in Nairobi die Wêreldkrieketliga se afdeling een gevolg, wat Skotland ook in die tweede plek afgesluit het.[50]
Gereelde deelname aan toernooie
wysigOok in 2007 het die Skotte vir hul tweede krieketwêreldbekertoernooi na Wes-Indië vertrek. Tydens die groepfase is hulle deur Australië, Suid-Afrika en Nederland verslaan, waardeur hulle die volgende rondte misgeloop het.[51] Terug in die Verenigde Koninkryk het Skotland aan die Friends Provident-trofee deelgeneem, maar hul enigste oorwinning was oor Lancashire.[52] Tydens die Interkontinentale Beker het hulle teen die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel.[53] In Julie het Skotland aan die Vierhoekige Reeks in Ierland teen die gasheer, Nederland en Wes-Indië deelgeneem. Dié toernooi het vir Skotland egter teleurstellend verloop, nadat albei wedstryde teen Ierland en Wes-Indië in nederlae geëindig het.[54] Aan die begin van Augustus was die Skotte tydens die Interkontinentale Beker meer suksesvol, nadat hulle teen Nederland met ’n beurt en 59 lopies gewen het.[55] Die deur reën geaffekteerde wedstryd teen Ierland het in ’n gelykop geëindig, vir hul swak vertoning in die eerste beurt is egter net drie punte toegeken.[56] In middel-Augustus was Indië Skotland se volgende EDI-teenstander, en dié wedstryd in Titwood, Glasgow, is regstreeks op BBC Skotland gebeeldsend.[57] Dié wedstryd moes ná ’n paar kort reënbuie effens na 46 boulbeurte verkort word en Indië het eindelik met sewe paaltjies gewen.[58]
Die Skotte het die Wêreldkrieketliga 2007–09 se eindstryd gehaal en sodoende vir die eerste T20I-wêreldbeker 2007 in Suid-Afrika gekwalifiseer.[59] Hulle is in die eerste wedstryd deur Pakistan met 51 lopies verslaan, terwyl die volgende wedstryd teen Indië uitgereën is, waardeur hulle uit dié toernooi geskakel is.[60]
In Julie 2008 het Skotland die Driehoekige Assosiaatreeks in Aberdeen aangebied, waaraan ook Ierland en Nieu-Seeland deelgeneem het. Die gasheer het teen Ierland gewen, maar hulle is deur Nieu-Seeland verslaan.[61] Die Europese Kampioenskap (afdeling een) einde Julie in Ierland het Skotland weer in die tweede plek afgesluit, nadat hulle in die beslissende wedstryd deur die gasheer met sewe paaltjies verslaan is.[62] In vroeg Augustus het Skotland saam met vyf ander assosiaatlede aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering in Belfast deelgeneem. Ondanks ’n nederlaag in hul eerste wedstryd teen Ierland het Skotland ná ’n oorwinning oor Bermuda tot die halfeindstryd gevorder. Skotland is deur Nederland verslaan, maar hulle het in die klein finale om die derde plek Kenia met nege paaltjies verslaan. Aangesien net twee spanne vir die T20I-wêreldbeker 2009 kon kwalifiseer en Zimbabwe aan dié toernooi onttrek het, het Skotland nogtans sy plek bespreek.[63] Op 18 Augustus het Skotland in sy eerste EDI-wedstryd teen Engeland op The Grange Club in Edinburg te staan gekom. Dié wedstryd moes ná minder as drie boulbeurte in Engeland se beurt weens reën afgelas word, nadat Skotland in sy beurt 156/9 aangeteken het.[64] In Desember 2008 het Krieket Skotland in ’n geskiedkundige gebeurtenis sentrale kontrakte aan drie Skotse spelers oorhandig. Die boulers Gordon Goudie en Dewald Nel asook die kaptein Ryan Watson het die eerste voltydse krieketspelers in Skotland geword.[65] 19 ander krieketspelers het deeltydse kontrakte ontvang.[66]
Tydens die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland het Skotland saam met die toetslande Nieu-Seeland en Suid-Afrika in Groep D gespeel, en albei wedstryde is op die Londense The Oval in Londen aangebied. Die eerste wedstryd teen Nieu-Seeland moes ná reën op sewe boulbeurte per span verkort word. Skotland het eerste begin kolf en 89/4 aangeteken, waaronder Kyle Coetzer se 33 lopies. Nieu-Seeland het dié wedstryd met sewe paaltjies gewen.[67] In die tweede wedstryd het Suid-Afrika 211/5 aangeteken met AB de Villiers se onoorwonne 79 lopies in 34 aflewerings. Skotland daarteenoor is op net 81 lopies uitgeboul, van wie Coetzer meer as die helfte aangeteken het. Die Suid-Afrikaanse oorwinning met 130 lopies was die destyds hoogste in ’n T20I-wedstryd.[68] Vervolgens is Skotland weer in die gropefase uitgeskakel.[69]
Tydens die krieketwêreldbekerkwalifisering 2009 is Skotland reeds in die Super Agt uitgeskakel en hulle het in die sesde plek geëindig, waarvolgens hulle die Krieketwêreldbeker 2011 misgeloop het; nietemin het hulle EDI-status verkry.[70] Van 2010 tot 2013 het Skotland as die “Skotse Saltires” deelgeneem aan die Yorkshire Bank 40, ’n toernooi vir die Engelse countyspanne, maar hulle het tydens al die vier toernooie in die laaste plek van hul groep geëindig. Ook in 2010 het Skotland aan die T20I-wêreldbekerkwalifisering in die Verenigde Arabiese Emirate om ’n plek in die T20I-wêreldbeker 2010 in Wes-Indië meegeding. Hul teenstanders was Afghanistan, Kanada, Ierland, Kenia, Nederland, die Verenigde Arabiese Emirate en die Verenigde State.[71] Dié kwalifisering het vir Skotland teleurstellend verloop, nadat hulle in die groepfase nie ’n oorwinning kon aanteken nie. Daarteenoor was Skotland se deelname aan die Interkontinentale Beker 2009–2010 meer suksesvol, nadat hulle die eindstryd teen Afghanistan op die nuwe Doebai Internasionale Krieketstadion gehaal het. Dié eindstryd is as ’n vierdaagse eersterangse wedstryd met twee beurte per span geskeduleer met Afghanistan wat dié wedstryd met sewe paaltjies gewen het.[72] In Julie 2011 het hulle die Driehoekige Assosiaatreeks aangebied, waaraan ook Ierland en Sri Lanka deelgeneem het; Sri Lanka het dié toernooi met ’n oorwinning in die laaste wedstryd oor die gasheer beklink.[73] Tydens die Interkontinentale Beker 2011–2013 het hulle die derde plek behaal.[74]
Suksesse teen toetslande
wysigTydens die daaropvolgende T20I-wêreldbekerkwalifiserings in onderskeidelik 2010, 2012 en 2014 het Skotland die T20I-wêreldbekertoernooie in 2010, 2012 en 2014 misgeloop.[75][76][77] In Julie 2012 het Skotland sy eerste wedstryd teen ’n toetsland nog gewen, toe hulle Bangladesj tydens dié span se toer deur Ierland en Nederland in die alleenstaande T20I in Den Haag verslaan het.[18][78] In Augustus 2014 het Skotland Nieu-Seeland A op die Cambusdoon New Ground in Ayr vir drie wedstryde verwelkom. In die eerste wedstryd het Grant Elliott en die kaptein B.J. Watling honderdtalle aangeteken en sodoende Nieu-Seeland A na ’n oorwinning met 199 lopies geneem. Skotland het in die laaste tien boulbeurte amper 150 lopies afgestaan. Aansluitend het Skotland Ierland vir drie EDIs besoek en dié reeks met 1–2 verloor.[79]
Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 se kwalifisering het die Skotte aan die Wêreldkrieketligakampioenskap deelgeneem, maar hulle het net die vyfde plek behaal. Hulle het egter die afsluitende kwalifiseringstoernooi gewen en nogtans vir die krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer.[18] Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 in Australië en Nieu-Seeland is Skotland ná nederlae teen Nieu-Seeland, Engeland, Afghanistan, Bangladesj, Sri Lanka en Australië in die groepfase uitgeskakel.[80] Tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2015 op eie bodem het hulle weer daarin geslaag om vir die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië te kwalifiseer. Tydens dié toernooi is hulle egter ná nederlae teen Afghanistan en Zimbabwe asook hul eerste oorwinning tydens ’n internasionale toernooi oor Hongkong in die eerste rondte uitgeskakel.[18][81] Daarna het hulle Afghanistan vir twee EDIs in Edinburg verwelkom, maar dié reeks met 0–1 verloor.[82]
In Januarie 2017 het Skotland aan die Desert T20 Challenge deelgeneem en al sy groepwedstryde gewen, voordat hulle in die halfeindstryd deur Ierland verslaan is. In dieselfde jaar het hulle Zimbabwe vir twee EDIs verwelkom en in die eerste wedstryd van dié reeks het Skotland sy eerste EDI-oorwinning oor ’n toetsland aangeteken.[18][83] Vroeg in 2018 was die span tydens die Krieketwêreldbeker 2019 se kwalifisering vir ’n lang tyd goed op dreef, maar nadat hulle hul laaste twee wedstryde teen Ierland en Wes-Indië verloor het, het hulle dié toernooi eindelik misgeloop.[84] In dieselfde jaar het hulle hul tweede EDI-oorwinning oor ’n volle IKR-lid aangeteken, toe hulle op 10 Junie ’n besoekende Engelse span verslaan het. Dit was ook hul eerste oorwinning oor dié span.[18][85] In 2019 het Skotland die Drienasiesreeks in Aberdeen aangebied, wat deel gevorm het van die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2023 in Indië. Die gasheer het dié toernooi voor Oman en Papoea-Nieu-Guinee gewen.[86]
Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate het die Skotte in hul eerste wedstryd ’n verrassende oorwinning oor Bangladesj aangeteken.[87] Nadat hulle ook teen Papoea-Nieu-Guinee en Oman gewen het, het hulle vir die eerste keer die tweede rondte gehaal, die Super Twaalf. Hier is hulle egter in al hul wedstryde deur Afghanistan, Namibië, Nieu-Seeland, Indië en Pakistan verslaan en sodoende uit dié toernooi geskakel.[88] Daarmee het hulle regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 in Australië gekwalifiseer.[89] Tydens dié toernooi se eerste rondte het Skotland in die eerste wedstryd daarin geslaag om Wes-Indië met 42 lopies te verslaan, toe hulle dié opponent op 118 lopies uitgeboul het.[90] Daarna is hulle egter deur Ierland en Zimbabwe geklop, waarmee hulle uit dié toernooi geskakel is.[91] In November 2021 is Skotland saam met Engeland en Ierland as medegasheer vir die T20I-wêreldbeker 2030 benoem.[92]
Ná afsluiting van al die drienasiesreekse het Skotland die Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2023 gewen, waarmee hulle die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 gehaal[93] en gelyktydig hul plek in die Krieketwêreldbekerliga 2 2023–2027 vir die Krieketwêreldbeker 2027 bespreek het.[94] Die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 het die Skotte in die derde plek afgesluit, waarmee hulle die hooftoernooi in Indië naelskraap misgeloop het.[95] In die proses het hulle onder andere hul eerste EDI-oorwinning oor Wes-Indië nog aangeteken, waarmee dié span vir die eerste keer versuim het om vir ’n krieketwêreldbekertoernooi te kwalifiseer.[96][97] In dieselfde maand kon hulle egter vir die T20I-wêreldbeker 2024 in die Verenigde State en Wes-Indië kwalifiseer.[98] Tydens dié toernooi moes die eerste wedstryd teen Engeland ná ’n belowende begin vir die Skotte weens reën afgelas word,[99] waarop hulle hul eerste T20I-oorwinning oor Namibië kon aanteken (met vyf paaltjies)[100] en hulle die wedstryd teen Oman ook kon beklink (met sewe paaltjies).[101] Ná ’n naelskraapse nederlaag teen Australië (met vyf paaltjies) is die span gelyk op punte met Engeland weens sy swakker lopietempo uit die toernooi geskakel.[102]
Trui, embleem en himne
wysigIn EDI- en T20I-krieket dra Skotland donkerblou truie met wit kleuraksente en blou broeke. Veldwerkers dra ’n donkerblou bofbalpet of ’n donkerblou sonhoed. Die kolwers se helms is op ’n soortgelyke manier geverf. Gedurende IKR-toernooie verskyn die borg se embleem op die regtermou en die belettering SCOTLAND verskyn in die middel van die trui.
Die dissel is die nasionale blom van Skotland en ook die embleem van die Skotse nasionale krieketspan. Volgens ’n legende het die “beskermende dissel” sy rol gespeel tydens die verdediging van Skotland teen ’n snagse aanval deur Noorse Wikings, een van hulle skree van pyn toe hy kaalvoet op ’n dissel trap, wat die Skotse verdedigers waarsku. Die Latynse Nemo me impune lacessit (“Niemand ontlok my ongestraf nie!” in Afrikaans) is ’n antieke leuse van die Skotse monarge, en ook van die voorste ridderorde van Skotland, die oudste en edelste orde van die dissel, en van die Skotswagte (van wie die twee laasgenoemde aan die monarg “behoort” het).[103]
The Flower of Scotland dien as Skotland se nieamptelike volkslied. Die teks is in 1967 deur Roy Williamson van die musiekgroep The Corries geskryf en word sedert die 1990’s deur die nasionale span pleks van “God Save the King” gespeel.[104]
Tuisstadions
wysigSkotland beskik nie oor ’n amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Skotse nasionale krieketspan gebruik vir hul krieketwedstryde eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Skotland:
No. | Stadion | Plek | Eerste wedstryd |
---|---|---|---|
1 | The Grange Club | Edinburg | 24 Mei 1999 |
2 | Cambusdoon New Ground | Alloway | 5 Augustus 2006 |
3 | Titwood | Glasgow | 3 Julie 2007 |
4 | Mannofieldpark | Aberdeen | 1 Julie 2008 |
Krieketwêreldbekerstadions
wysig- Die hoofartikels vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1999 en T20I-wêreldbeker 2030.
Tydens die Krieketwêreldbeker 1999 is Edinburg se The Grange Club vir twee tuiswedstryde van Skotland, onderskeidelik teen Bangladesj en Nieu-Seeland, ingespan. Skotland het dié toernooi saam met Engeland, Ierland, Nederland en Wallis aangebied.
Saam met Engeland en Ierland sal Skotland die T20I-wêreldbeker 2030 aanbied.[92]
Wedywering met Ierland
wysigSkotland handhaaf veral ’n intensiewe wedywering met Ierland. Hierdie wedywering tussen dié twee “Keltiese lande” is gekenmerk deur unieke gebeurtenisse oor dekades heen; ’n bydraende faktor is die wedersydse migrasie in die 19de en 20ste eeu. Skotland en Ierland het tot dusver in 21 EDI-wedstryde ontmoet, waarvan Skotland vyf gewen het en Ierland 15, met een onbesliste uitslag. Wat T20I-wedstryde betref het hulle in 16 wedstryde ontmoet, waarvan Skotland vier gewen het en Ierland nege, met een gelykop- en twee onbesliste uitslae. Gedurende krieketwêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver nog nie ontmoet nie, terwyl hulle een keer tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi (in 2022) ontmoet het, wat deur Ierland gewen is.
Spelers
wysigSpelerstatistieke
wysigAltesaam het vir Skotland 81 spelers EDI- en 59 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Skotse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.
Lopies
wysigEDI | T20I | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Speler | Tydperk | EDIs | Lopies | Speler | Tydperk | T20Is | Lopies |
Kyle Coetzer | 2008–2023 | 89 | 3 192 | Richie Berrington | 2008–hede | 94 | 2 194 |
Calum MacLeod | 2008–2022 | 88 | 3 026 | George Munsey | 2015–hede | 71 | 2 006 |
Richie Berrington | 2008–hede | 115 | 2 962 | Kyle Coetzer | 2008–2021 | 70 | 1 495 |
Matthew Cross | 2014–hede | 93 | 1 988 | Calum MacLeod | 2009–2022 | 64 | 1 238 |
George Munsey | 2017–hede | 56 | 1 734 | Matthew Cross | 2013–hede | 74 | 1 216 |
Korrek teen: 16 Junie 2024[105] | Korrek teen: 16 Junie 2024[106] |
Paaltjies
wysigEDI | T20I | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Speler | Tydperk | EDIs | Paaltjies | Speler | Tydperk | T20Is | Paaltjies |
Safyaan Sharif | 2011–hede | 80 | 102 | Mark Watt | 2015–hede | 67 | 80 |
Mark Watt | 2016–hede | 64 | 91 | Safyaan Sharif | 2012–hede | 68 | 76 |
Majid Haq | 2006–2015 | 54 | 60 | Alasdair Evans | 2015–2022 | 35 | 41 |
Alasdair Evans | 2009–2023 | 42 | 58 | Michael Leask | 2013–hede | 64 | 41 |
Michael Leask | 2014–hede | 72 | 57 | Josh Davey | 2012–2022 | 31 | 37 |
Korrek teen: 16 Junie 2024[107] | Korrek teen: 16 Junie 2024[108] |
Spankapteins
wysigTot op hede was nege spelers reeds die kaptein vir Skotland tydens ’n EDI-wedstryd en sewe tydens ’n T20I.[109]
EDI[110] | T20I[111] | |||
---|---|---|---|---|
No. | Naam | Tydperk | Naam | Tydperk |
1 | George Salmond | 1999 | Ryan Watson | 2007–2008 |
2 | Ryan Watson | 2006–2009 | Gavin Hamilton | 2009–2010 |
3 | Craig Wright | 2006–2007 | Gordon Drummond | 2012–2013 |
4 | Gavin Hamilton | 2009–2010 | Kyle Coetzer | 2012–2021 |
5 | Gordon Drummond | 2010–2013 | Preston Mommsen | 2013–2016 |
6 | Kyle Coetzer | 2013–2022 | Richie Berrington | 2019–hede |
7 | Preston Mommsen | 2013–2016 | Matthew Cross | 2024 |
8 | Richie Berrington | 2018–hede | ||
9 | Matthew Cross | 2022 |
Rekords
wysigEDI-rekord teen ander lande
wysigTeenstander | Wedstryde | Gewen | Verloor | Gelykop | Onbeslis | % Gewen | Eerste oorwinning | ||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
t. Toetslande | |||||||||||||||
Afghanistan | 13 | 4 | 8 | 0 | 1 | 30,76 | 9 Julie 2010 | ||||||||
Australië | 5 | 0 | 5 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Bangladesj | 4 | 0 | 4 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Engeland | 5 | 1 | 3 | 0 | 1 | 20,00 | 10 Junie 2018 | ||||||||
Ierland | 21 | 5 | 15 | 0 | 1 | 23,80 | 30 Januarie 2007 | ||||||||
Indië | 1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Nieu-Seeland | 4 | 0 | 4 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Pakistan | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Sri Lanka | 4 | 0 | 4 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Suid-Afrika | 1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Wes-Indië | 4 | 1 | 3 | 0 | 0 | 25,00 | 1 Julie 2023 | ||||||||
Zimbabwe | 4 | 2 | 1 | 1 | 0 | 50,00 | 15 Junie 2017 | ||||||||
t. Assosiaatlede | |||||||||||||||
Bermuda | 1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | ||||||||
Hongkong | 5 | 2 | 2 | 0 | 1 | 40,00 | 10 September 2016 | ||||||||
Kanada | 11 | 7 | 4 | 0 | 0 | 63,63 | 18 Januarie 2007 | ||||||||
Kenia | 9 | 5 | 3 | 0 | 1 | 55,56 | 2 Februarie 2007 | ||||||||
Namibië | 6 | 5 | 1 | 0 | 0 | 83,33 | 10 Julie 2022 | ||||||||
Nederland | 12 | 7 | 4 | 0 | 1 | 58,33 | 6 Augustus 2006 | ||||||||
Nepal | 6 | 3 | 3 | 0 | 0 | 50,00 | 17 Julie 2022 | ||||||||
Oman | 7 | 5 | 1 | 0 | 1 | 71,42 | 18 Augustus 2019 | ||||||||
Papoea-Nieu-Guinee | 10 | 9 | 1 | 0 | 0 | 90,00 | 6 Oktober 2017 | ||||||||
Verenigde Arabiese Emirate | 14 | 10 | 4 | 0 | 0 | 71,42 | 1 Februarie 2014 | ||||||||
Verenigde State | 6 | 3 | 3 | 0 | 0 | 50,00 | 14 Desember 2019 | ||||||||
Algeheel | 156 | 69 | 79 | 1 | 7 | 44,23 | 6 Augustus 2006 | ||||||||
Rekords volledig tot en met EDI #4745 op 18 Maart 2024. Laaste keer hersien op 16 Junie 2024. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[112] |
Krieketwêreldbekerrekord
wysigJaar | Uitslag |
---|---|
1975 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1979 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1983 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1987 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1992 | Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie |
1996 | Nie ’n IKR-lid op die tyd van kwalifisering nie |
1999 | Groepfase |
2003 | Nie gekwalifiseer nie |
2007 | Groepfase |
2011 | Nie gekwalifiseer nie |
2015 | Groepfase |
2019 | Nie gekwalifiseer nie |
2023 | Nie gekwalifiseer nie |
2027 | N.v.t. |
2031 | N.v.t. |
Kampioenetrofeerekord
wysigJaar | Uitslag |
---|---|
1998 | Nie toegelaat nie |
2000 | Nie gekwalifiseer nie |
2002 | Nie gekwalifiseer nie |
2004 | Nie gekwalifiseer nie |
2006 | Nie gekwalifiseer nie |
2009 | Nie toegelaat nie |
2013 | Nie toegelaat nie |
2017 | Nie toegelaat nie |
2025 | Nie gekwalifiseer nie |
2029 | N.v.t. |
T20I-rekord teen ander lande
wysigTeenstander | Wedstryde | Gewen | Verloor | Gelykop | Onbeslis | % Gewen | Eerste T20I-oorwinning | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
t. Toetslande | ||||||||||||||
Afghanistan | 7 | 0 | 7 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
Australië | 1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
Bangladesj | 2 | 2 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 24 Julie 2012 | |||||||
Engeland | 1 | 0 | 0 | 0 | 1 | 0,00 | – | |||||||
Ierland | 16 | 4 | 9 | 1 | 2 | 25,00 | 18 Junie 2015 | |||||||
Indië | 2 | 0 | 1 | 0 | 1 | 0,00 | – | |||||||
Nieu-Seeland | 4 | 0 | 4 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
Pakistan | 4 | 0 | 4 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
Suid-Afrika | 1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
Wes-Indië | 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 17 Oktober 2022 | |||||||
Zimbabwe | 5 | 1 | 4 | 0 | 0 | 20,00 | 15 September 2021 | |||||||
t. Assosiaatlede | ||||||||||||||
Bermuda | 2 | 2 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 3 Augustus 2008 | |||||||
Denemarke | 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 27 Julie 2023 | |||||||
Duitsland | 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 20 Julie 2023 | |||||||
Hongkong | 5 | 4 | 1 | 0 | 0 | 80,00 | 25 Julie 2015 | |||||||
Italië | 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 24 Julie 2023 | |||||||
Jersey | 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 21 Julie 2023 | |||||||
Kanada | 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 23 Maart 2012 | |||||||
Kenia | 8 | 5 | 3 | 0 | 0 | 62,50 | 4 Augustus 2008 | |||||||
Namibië | 4 | 1 | 3 | 0 | 0 | 25,00 | 6 Junie 2024 | |||||||
Nederland | 15 | 8 | 7 | 0 | 0 | 53,33 | 22 November 2013 | |||||||
Oman | 5 | 5 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 19 Januarie 2017 | |||||||
Oostenryk | 1 | 1 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 25 Julie 2023 | |||||||
Papoea-Nieu-Guinee | 3 | 3 | 0 | 0 | 0 | 100,00 | 21 Oktober 2019 | |||||||
Singapoer | 1 | 0 | 1 | 0 | 0 | 0,00 | – | |||||||
Verenigde Arabiese Emirate | 6 | 4 | 2 | 0 | 0 | 66,67 | 9 Julie 2015 | |||||||
Algeheel | 99 | 46 | 48 | 1 | 4 | 46,46 | 3 Augustus 2008 | |||||||
Rekords volledig tot en met T20I #2692 op 16 Junie 2024. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).[113] |
T20I-wêreldbekerrekord
wysigJaar | Uitslag |
---|---|
2007 | Eerste rondte |
2009 | Eerste rondte |
2010 | Nie gekwalifiseer nie |
2012 | Nie gekwalifiseer nie |
2014 | Nie gekwalifiseer nie |
2016 | Eerste rondte |
2021 | Super Twaalf |
2022 | Eerste rondte |
2024 | Eerste rondte |
2026 | N.v.t. |
2028 | N.v.t. |
2030 | N.v.t. |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
- ↑ (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
- ↑ (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
- ↑ (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
- ↑ (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
- ↑ (en) "Ireland and Scotland lock horns with one eye on the ICC Cricket World Cup 2015". Krieket Ierland. 7 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 26 Februarie 2020.
- ↑ (en) "The history or Cricket in Scotland". Krieket Skotland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2017. Besoek op 27 Januarie 2017.
- ↑ 8,0 8,1 (en) Wisden Cricketers’ Almanack (128 uitg.). John Wisden & Co Ltd. 1991. pp. 293, 1321. ISBN 0-947766-16-2.
- ↑ (en) "Scotland". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 26 Januarie 2020.
- ↑ (en) Deivarayan Muthu (12 Maart 2016). "Scotland end win drought at ICC global events". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "All T20 matches between ICC members to get international status". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 12 Junie 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Cricket Scotland". Internasionale Krieketraad. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Schools Cricket". Krieket Skotland. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Leslie Balfour". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ 18,00 18,01 18,02 18,03 18,04 18,05 18,06 18,07 18,08 18,09 18,10 18,11 18,12 18,13 18,14 18,15 (en) "Scottish Cricket History". Krieket Skotland. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "A History of Cricket in Scotland". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2007. Besoek op 3 Julie 2007.
- ↑ 20,00 20,01 20,02 20,03 20,04 20,05 20,06 20,07 20,08 20,09 20,10 20,11 20,12 20,13 20,14 20,15 (en) "A Timeline of Scottish Cricket". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2013. Besoek op 6 Februarie 2013.
- ↑ (en) "Scorecard of Scotland v Australia". Cricket Archive. 17 September 1948. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
- ↑ (en) "Yasir Arafat". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Netherlands timeline". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 22 Februarie 2014.
- ↑ (en) "Mike Denness". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ 25,0 25,1 25,2 (en) "Dougie Brown". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Gavin Hamilton". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Brian Hardie". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Ian Peebles". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Wisden Cricketers of the Year". Wisden. 26 Januarie 2020. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Douglas Jardine". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Christopher Douglas (2002). Douglas Jardine: Spartan Cricketer. Londen: Methuen. p. 225. ISBN 0-413-77216-0.
- ↑ (en) "SCOTLAND CRICKET ARCHIVE". Krieket Skotland. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2013. Besoek op 3 Februarie 2013.
- ↑ (en) "Scotland". Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2013. Besoek op 23 Januarie 2013.
- ↑ (en) "Scotland". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 26 Januarie 2020.
- ↑ (en) "Commonwealth Games 1998/99 – Table". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "1999 Cricket World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) John Polack (17 Julie 2011). "Awesome triumph for men of the Maple Leaf". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Scotland cruise to innings victory". ESPNcricinfo. 22 November 2004. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Ireland pull off remarkable three-run win". ESPNcricinfo. 15 Augustus 2005. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Edward Craig (13 Julie 2005). "Elementary for Watson as Scotland secure Trophy". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Scotland in Barbados 2006". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2012. Besoek op 8 Oktober 2012.
- ↑ (en) "2006 C & G Trophy points table". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
- ↑ (en) "List of Scotland's ODIs". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2008. Besoek op 30 Augustus 2008.
- ↑ (en) "Scorecard of Scotland v Pakistan". Cricket Archive. 27 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
- ↑ (en) "Scorecard of Scotland v Holland". Cricket Archive. 6 Augustus 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2018. Besoek op 22 Maart 2018.
- ↑ (en) "Morgan stars as Ireland shock Scotland". ESPNcricinfo. 5 Augustus 2006. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "2006 ICC Intercontinental Cup". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2013. Besoek op 24 Februarie 2013.
- ↑ (en) "Scotland batting simply not good enough". ESPNcricinfo. 17 Desember 2006. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "ICC Associates Kenya tri-series 2007 points table". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
- ↑ (en) "Scorecard of Kenya v Scotland, WCL Division One final". Cricket Archive. 7 Februarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
- ↑ (en) Andrew Miller (22 Maart 2007). "At last, some Dutch delight". ESPNricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "2007 Friends Provident Trophy". Europese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2012. Besoek op 12 Junie 2012.
- ↑ (en) "Scorecard of Scotland v United Arab Emirates". Cricket Archive. 27 Junie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2020. Besoek op 29 Januarie 2020.
- ↑ (en) "Ireland win but West Indies take series". ESPNcricinfo. 15 Julie 2007. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "McCallum and Watson star in big win". ESPNcricinfo. 5 Augustus 2007. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Botha and Cusack flay tired Scotland". ESPNcricinfo. 12 Augustus 2007. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Jamie Lillywhite (16 Augustus 2007). "One-day int'l Scotland v India". BBC. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Jamie Alter (16 Augustus 2007). "India ease to seven-wicket win". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Martin Williamson (30 Januarie 2007). "A long way from home". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Dileep Premachandran (13 September 2007). "Points shared as rain washes out play". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) John Ward (3 Julie 2008). "New Zealand thrash out-of-depth Scotland". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Ireland retain European title". ESPNcricinfo. 31 Julie 2008. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Zimbabwe confirm Twenty20 pullout". ESPNcricinfo. 20 Augustus 2008. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Andrew McGlashan (18 Augustus 2008). "Rain the winner after Hamilton's grit". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Professional contracts for Scotland". ESPNcricinfo. 26 Desember 2008. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Scots trio handed central deals". BBC. 19 Desember 2008. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Oliver Brett (6 Junie 2009). "New Zealand given scare by Scots". BBC. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Oliver Brett (7 Junie 2009). "S Africa send Scots crashing out". BBC. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Will Luke (7 Junie 2009). "De Villiers and South Africa crush Scotland". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Netherlands take third, Afghanistan win again". ESPNcricinfo. 19 April 2009. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "UAE to host expanded World Twenty20 Qualifiers". ESPNcricinfo. 20 Mei 2009. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Afghanistan surge to Intercontinental title". ESPNcricinfo. 4 Desember 2010. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Ger Siggins (13 Julie 2011). "Scotland no match for Sri Lankan pace". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Sorensen five sets up innings win for Ireland". ESPNcricinfo. 14 September 2013. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Ireland's team performance scuppers Scotland". ESPNcricinfo. 11 Februarie 2010. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Afghanistan secure World Twenty20 berth". ESPNcricinfo. 22 Maart 2012. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Hong Kong, Netherlands through to World T20". ESPNcricinfo. 28 November 2013. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Berrington ton leads Scotland to victory". ESPNcricinfo. 24 Julie 2012. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Ryan Bailey (12 September 2014). "MacLeod the winner, Mooney the hero". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Alistair Watkins (5 Maart 2015). "Scotland's Cricket World Cup hopes ended by Bangladesh". BBC. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Marc Higginson (10 Maart 2016). "World Twenty20 2016 Scotland knocked out with defeat by Zimbabwe". BBC. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Peter Della Penna (6 Julie 2016). "Shahzad, bowlers dismantle Scotland". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Peter Della Penna (15 Junie 2017). "Coetzer, de Lange star in Scotland's first win over a Full Member". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Liam Brickhill (21 Maart 2018). "Relief for West Indies, heartbreak for Scotland". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Record-breaking Scotland defeat No. 1 ranked England". ESPNcricinfo. 10 Junie 2018. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Daniel Hay (21 Augustus 2019). "All-round Oman performance hands PNG their fourth defeat". Emerging Cricket. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Mohammad Isam (17 Oktober 2021). "Greaves, Wheal help Scotland shock Bangladesh in Al Amerat". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Kal Sajad (3 November 2021). "T20 World Cup: Scotland knocked out as New Zealand keep semi-final hopes alive". BBC. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Bangladesh, Namibia, Scotland and Sri Lanka qualify for Men's T20 World Cup 2022". Internasionale Krieketraad. 23 Oktober 2021. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Sreshth Shah (17 Oktober 2022). "Scotland bowlers script huge upset against West Indies". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "T20 World Cup: Ireland and Zimbabwe through, West Indies and Scotland out". The Guardian. 4 Mei 2023. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ 92,0 92,1 (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "World Cup League 2: Scotland lift trophy after loss to Nepal". BBC. 21 Februarie 2023. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "USA book spot at Cricket World Cup qualifier". SuperSport. 4 April 2023. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Hemant Brar (6 Julie 2023). "Bas de Leede's five-for and 92-ball 123 take Netherlands to the ODI World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "West Indies fail to qualify for 2023 ODI World Cup". ESPNcricinfo. 1 Julie 2023. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "World Cup qualifier: Scotland knock out West Indies at World Cup Qualifier with seven-wicket win". BBC. 1 Julie 2023. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Ireland and Scotland seal their place in 2024 Men's T20 World Cup". ESPNcricinfo. 27 Julie 2023. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Valkerie Baynes (4 Junie 2024). "Scotland openers make the running before rain frustrates in Barbados". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Vithushan Ehantharajah (6 Junie 2024). "Berrington and Leask launch Scotland to landmark victory". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Andrew Miller (9 Junie 2024). "Scotland romp to statement victory over Oman to leave England feeling the Group B squeeze". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) Andrew McGlashan (16 Junie 2024). "Stoinis breaks Scotland hearts, England through to Super Eight". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "The Scottish Thistle – Beautifully Bold!". Scottish at Heart. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Collingwood sings 'Flower of Scotland'". BBC. 19 Februarie 2015. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Records / Scotland / One-Day Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Records / Scotland / Twenty20 Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Records / Scotland / One-Day Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Records / Scotland / Twenty20 Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.
- ↑ (en) "Records / Scotland / One-Day Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Records / Scotland / Twenty20 Internationals / List of Captains". ESPNcricinfo. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Records / Scotland / ODI matches / Result summary". ESPNcricinfo. 18 Maart 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
- ↑ (en) "Records / Scotland / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. 16 Junie 2024. Besoek op 16 Junie 2024.
Verdere leesstof
wysig- (en) Jake Perry (2020). The Secret Game: Tales of Scottish Cricket. Shrewsbury: Chequered Flag Publishing. ISBN 978-1-9997774-6-3.
- (en) David W. Potter (1999). The Encyclopaedia of Scottish Cricket. Manchester: Empire Publications. ISBN 1-901746-07-0.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Skotse nasionale krieketspan. |