1871
jaar
1871 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1866 | 1867 | 1868 | 1869 | 1870 | ◄ 1871 ► | 1872 | 1873 | 1874 | 1875 | 1876 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1871 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Keiser Wilhelm I van Duitsland | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1871 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 71ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 18 Januarie – Frans-Duitse Oorlog: Die Pruisiese koning, Wilhelm I, word in die kasteel van Versailles tot keiser van die Duitse Keiserryk verklaar. Berlyn word die hoofstad van die Duitse Ryk.
- 27 Februarie – Tydens 'n wolkbreuk hoop die water op by Patrysfontein en 'n vloedgolf so hoog soos 'n huis tref Victoria-Wes om 21h00. Meer as 100 mense verdrink en 34 huise word verwoes.[1]
- 27 Maart – Engeland en Skotland speel in die eerste internasionale rugbywedstryd; Skotland klop Engeland met 1–0.
- 13 Mei – Die Italiaanse parlement erken die soewereiniteit van die Pous.
- 27 Junie – Die jen word Japan se amptelike geldeenheid.
- 20 Julie – Brits-Columbië word 'n provinsie van die Kanadese Konfederasie.
- 8 Oktober – Die Groot Vuur van Chicago breek uit.
Geboortes
wysig- 9 Januarie – Eugene Marais, Afrikaanse skrywer en digter († 1936).
- 22 Februarie – John Langalibalele Dube, 'n Suid-Afrikaanse essayis, filosoof, opvoedkundige, politikus, uitgewer, redakteur, skrywer en digter († 1946)
- 12 Maart – Sen. F.S. Malan, politikus en kabinetsminister († 1941).
- 16 Maart – Hans Merensky, Suid-Afrikaanse geoloog, prospekteerder, wetenskaplike, omgewingsbewaarder en weldoener († 1952).
- 28 Maart – Willem Mengelberg, Nederlandse simfoniedirigent († 1951).
- 28 April – Leonid Sherwood, Russiese beeldhouer en argitek († 1954).
- 6 Mei – Victor Grignard, Franse fisikus en Nobelpryswenner († 1935).
- 4 Junie – Charles Stallard, leier van die Dominiumparty († 1971).
- 17 Junie – Herman van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikant en Volksraadslid († 1953).
- 10 Julie – Marcel Proust, Franse skrywer, kritikus en essayis († 1922).
- 29 Julie – Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman († 1956).
- 30 Augustus – Ernest Rutherford, Nieu-Seelands-gebore Britse fisikus en Nobelpryswenner († 1937)
- 15 September – I.W. Schlesinger, sakemagnaat en baanbreker van die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf († 1949).
- 18 September – Ferdie Aston, Suid-Afrika se vierde Springbokkaptein († 1926).
- 3 Oktober – Stijn Streuvels, Vlaamse skrywer († 1969).
- 26 November − Justin Godart, 'n Franse politikus († 1956).
- 12 Desember – Jackie Powell, Suid-Afrika se sewende Springbokkaptein († 1955).
- 29 Desember – Giuseppe Motta, lid van die Switserse Federale Raad en president van die Volkebond († 1940).
- 30 Desember – J.H.H. de Waal, regsgeleerde, taalman en politikus († 1937).
- Onbekend – John Spurgeon Henkel Suid-Afrikaanse plantkundige († 1962).
Sterftes
wysig- 23 Februarie – Martin Melck, stamvader van die Melck-familie in Suid-Afrika (* 1723).
- 11 Mei – John Herschel, ’n Britse wiskundige, sterrekundige, apteker en eksperimentele fotograaf/uitvinder (* 1792).
- 14 Augustus – Philip Blommaert, Vlaamse skrywer (* 1809).
- 4 Oktober – Sarel Cilliers, Voortrekker-leier (* 1801)
- 18 Oktober – Charles Babbage, ’n Engelse wiskundige, filosoof, uitvinder en meganiese ingenieur (* 1791).
- 10 November – Dick King, Britse setlaar, bekend vir sy tog van 960 km te perd (* 1811)
Gepubliseer
wysig- 21 Augustus – Die apostoliese konstitusie In Hac Sublimi deur Pous Pius IX.
- Die kortverhaal A Passionate Pilgrim deur Henry James.
Verwysings
wysig- ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 13. Desember 1991.