Swaeligsuur
Algemeen | |
---|---|
Naam | Swaeligsuur |
Ander name | Swael(IV)suur |
Chemiese formule | H2SO3 |
Molêre massa | 82,07 g•mol-1 |
CAS-nommer | 7782-99-2 |
Voorkoms | kleurlose vloeistof |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | |
Kookpunt | |
Digtheid | |
Oplosbaarheid | bestaan nie in oplossing nie[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 1.85 |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie flambaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Swaeligsuur is 'n anorganiese suur met die chemiese formule H2SO3 wat vorm wanneer swaweldioksied met water reageer:
Die dissosiasiereaksies word soos volg voorgestel:[2]
- Ka1 = 1.4×10−2; pKa2 = 1.85
- Ka2 = 6.3×10−8; pKa = 7.2
As ons probeer om die oplossing deur verdamping te konsentreer om waterlose swaeligsuur te produseer, sal dit ontbind (die vormingsreaksie sal omgekeer word).
Wanneer dit afgekoel word sal die klatraat[Nota 1] kristalliseer, wat weer by 7 °C sal ontbind. Dus kan swaeligsuur (H2SO3) nie geïsoleer word nie.
Raman-spektra van oplossings van swaeldioksied in water toon slegs seine as gevolg van die SO2-molekule en die bisulfiet-ioon, HSO−3.[3][4] Hoewel daar geen bewyse is dat swaeligsuur in oplossing bestaan nie, is die molekule in die gasfase opgespoor.[1]
Swaeligsuur is 'n intermediêre spesie in die vorming van suurreën uit swaeldioksied.[5]
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Aantekeninge
[wysig | wysig bron]- ↑ 'n Klatraat is 'n chemiese stof wat uit 'n traliewerk bestaan wat molekules vasvang of bevat. Die woord is afgelei van die Latynse clathratus, wat 'met tralies, traliewerk' beteken.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 D. Sülzle; M. Verhoeven; J. K. Terlouw; H. Schwarz (1988). "Generation and Characterization of Sulfurous Acid (H2SO3) and of Its Radical Cation as Stable Species in the Gas Phase". Angew. Chem. Int. Ed. Engl. (in Engels). 27 (11): 1533–4. doi:10.1002/anie.198815331.
- ↑ "Appendix C: Dissociation Constants and pKa Values for Acids at 25°C". 2012 Book Archive (in Engels). 29 Desember 2012. Besoek op 28 Februarie 2022.
- ↑ Jolly, William (1991). Modern inorganic chemistry (in Engels). New York: McGraw-Hill. ISBN 0-07-032768-8. OCLC 22861992.
- ↑ Catherine E. Housecroft; Alan G. Sharpe (2008). "Chapter 16: The group 16 elements". Inorganic Chemistry, 3rd Edition (in Engels). Pearson. p. 520. ISBN 978-0-13-175553-6.
- ↑ McQuarrie; Rock (1987). General Chemistry (in Engels) (2nd uitg.). New York: W.H. Freeman and Company. p. 243. ISBN 0-7167-1806-5.