Jönköping
Voorkoms
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Swede |
Landskap | Småland |
Län | Jönköping |
Koördinate | 57°47′N 14°10′O / 57.783°N 14.167°O |
Stigting (eerste verwysing) | 13de eeu |
Stadstatus | 18 Mei 1284 |
Oppervlakte: | |
- Totaal (kommun) | 1 924,96 vk km[1] |
Hoogte bo seevlak | 90 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2023) | 146 161[2] |
- Bevolkingsdigtheid (kommun) | 75,9/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −1,5 / 18,1 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 594,8 mm |
Amptelike webwerf | jonkoping.se |
Jönköping (Sweeds: [ˈjœ̂nːˌɕøːpɪŋ], ) is 'n stad in Suid-Swede met 'n oppervlakte van 1 924,96 vierkante kilometer en 'n bevolking van 146 161 (2023). Jönköping dien as die administratiewe hoofstad van sowel die län asook die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).
Jönköping is geleë aan die suidoewer van die Vätternmeer, Swede se tweede grootste meer.
Op 18 Mei 1284 het Jönköping die eerste Sweedse stad geword om stadsregte te verkry. Die naam Jönköping verwys na 'n markstad (köping) aan 'n spruitjie (Junebäcken).[3] Ander Sweedse stede met 'n soortgelyke naam sluit in Norrköping ("noordelike markstad"), Linköping, Nyköping en Söderköping ("suidelike markstad").
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
- ↑ (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
- ↑ (sv) Mats Wahlberg, red. (2003). Svenskt ortnamnslexikon (PDF) (1ste uitg.). Uppsala: Swedish Institute for Dialectology, Onomastics and Folklore Research. p. 158. ISBN 91-7229-020-X. Besoek op 9 Oktober 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jönköping.
- (en) Toerisme-inligting oor Jönköping op Wikivoyage
- (sv) Amptelike webwerf
- (en) "Jönköping". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Mei 2024.