Gebruikerbespreking:BurgertB
The Rosetta Barnstar | ||
Omdat ek so vertaal en vertaal en vertaal :) |
Argiewe: |
---|
Die verderflike Russiese selfstandige naamwoorde
[wysig bron]Goeiemiddag BurgertB!
Jammer as ek hierdie mooi sprankelend skoon besprekingsblad kom besoedel.
Ek sal graag wil hoor hoe julle destyds miskien Russies geleer is. Of, hoe u self ondervinding opgedoen het.
Hoekom ek dit vra: as mens die verbuigings van die naamwoorde in Latyn leer, dan is die uitgange [agtervoegsels] redelik reëlmatig. Jy kyk net na die genitief enkelvoud, en dan weet jy wat jy moet doen. Met die uitsondering van die derde verbuiging - daar neuk dit nog 'n bietjie. Latyn is dus nie so perfek reëlmatig soos Sanskrit nie (dankie Brahmane!), maar o, liewe deug, Russies is uit 'n ander heelal.
Hier is nie 'n genitief wat kan help nie. Jy is slegs aangewese op die slotletters van die nominatief enkelvoud. En dan moet jy maar hoop jy mik raak.
Jy kan dit "wiskundig" bereken, maar wie het daarvoor tyd?
Kom ek gebruik Hugo se Russian in Three Months (1997); die naamwoorde en naamvalle lê die wêreld vol rondgestrooi in daardie boek. Om al hierdie brokstukke byeen te bring. Die volgende woorde het ek deur Co-Pilot van Microsoft gejaag. Hoe om "wolf" te verbuig.
En die blikbrein stem heelhartig daarmee saam.
Maar ons het nie die tyd of die lus om daardie wiskundige sommetjie binne 'n halwe sekonde te maak nie. Daarom leer ons TABELLE uit hoofde.
Ek gaan dit reguit stel: daar is nie één grammatikaboek wat die naamwoorde werklik bevredigend verduidelik nie. Die meeste skeer daaroor, 'n paar skram weg, die res vermy die onderwerp soos die pes. Ook nie De Gruyter se Russische Grammatik (Erich Berneker en Max Vasmer) is bevredigend nie. Dit werk hopeloos te veralgemenend.
YouTube-video's is 'n grap.
Iets wat wel help is: https://ru.wiktionary.org/wiki/Викисловарь:Шаблоны_словоизменений/Существительные/Помощь_в_выборе
Hier te sien is slegs die nominatief enkelvoud en meervoud, met die tipe verbuiging genommer LINKS. Om die waarheid te sê is daardie nommers die diepste wat die boeke delf.
Andrej Zaliznjak boor heelwat dieper, en daarom soek ek soos 'n besetene "склонения 2d", "склонения 4f" by die Russiese Wiktionary. En dan skryf ek maar 'n voorbeeld van elk by elke geslag af. Dit is tydrowend, want dit is 8 tipe verbuigings, met 6 (a-f) klemverskuiwings elk. Met drie geslagte (manlik, vroulik, onsydig) by. Sekere klemverskuiwings is wel onmoontlik, soos 5f: daar is geen woorde te vind nie.
Sekerlik die allervreemdste vorm wat ek gekry het in Complete Russian Course for Beginners (1978), en Essentials of Scientific Russian (1963): 'n rits agtervoegsels, maar jy moet self uitsnuffel of die identiese goedjies Genitief, Preposisioneel of Datief enkelvoud is. Hulle verwag dus jy moet raai-raai speletjies speel.
Ek't 'n tweedejaarsboekie van Unisa aangekoop, module RUS201-3 van 1985. En, al wat hulle sê is: jy moet maar self die indekskaartjies maak wat in 'n spesiale dosie alfabeties gesorteer moes word. (bl. 29)
Dit lyk dus vir my mens moes in die ou dae maar die vorme in die koerant of in Война́ и мир of Доктор Живаго op die harde manier maar teenkom, dan gaan soek wat daardie uitgang/agtervoegsel kan wees, en dan die indekskaartjies maar lees en aanvul, lees en aanvul. Ons het GELUKKIG! Wiktionary tot ons beskikking, wat voorheen nie daar was nie! Suidpunt (kontak) 13:18, 27 Januarie 2025 (UTC)
- Russies kan 11 geslagsuitgange in die nominatief enkelvoud kry. Hulle is manlik, vroulik of onsydig.
- Manlik: konsonant, j (й), versagtingsteken (ь)
- Vroulik: a, ja (я), ija (ия), versagtingsteken (ь)
- Onsydig: o,e, ije (иe), mja (мя)
- Uit die nominatief enkelvoud kan jy dus agterkom wat die geslag van die woord is en hoe dit verbuig behoort te word vir die 12 naamvalle (6 ev, 6 mv; al die uitgange se verbuigings verskil). Die enigste uitsondering is wanneer die woord op 'n versagtingsteken eindig; dan kan dit manlik of vroulik wees. Jy moet dit maar leer, hoewel daar sekere uitgange is, nes in Duits, wat altyd vroulik is, soos woorde wat op nost (нocть) eindig, soos glasnost (гласнocть).
- Ek het maar tabelle opgestel vir die 11 uitgange se 12 naamvaleindes elk (dus altesaam 132, waarvan baie oorvleuel). "Волк" se verbuiging is tipies van 'n woord van 'n lewende ding wat op 'n konsonant eindig: Enkelvoud: No: konsonant, Ak: +a indien 'n lewende ding; sonder a indien 'n nielewende ding:, Ge: +a, Da +oe (у):, In: +om (ом), Pr: +e: Meervoud: No: +i (и), Ak: ow (ов indien lewend, и indien nielewend), Ge: ow (ов), Da: +am (ам), In: +ami (ами), Pr: +ach (ах).
- Ek hoop dit help. Dit is maar 'n tameletjie.
- Ek weet nie wie Russies#Naamvalle gedoen het nie (duidelik nie 'n Afrikaanssprekende nie), maar daar word al die verbuigings aangegee. ~ Burgert (kontak) 21:26, 28 Januarie 2025 (UTC)
- Baie, baie dankie!
- Hierdie week het ek ook begin met die byvoeglike naamwoorde, en net soos by Latyn help dit ontsettend baie (T.J. Haarhoff het aanbeveel kinders moet die adjektief saam met die naamwoord leer, byvoorbeeld: 'pulchra supellex'). Die reëls by die adjektiewe is redelik reëlmatig. Ja, daar is van die naamvalle/verbuigings tussen die Manlik en Onsydig wat oorvleuel, maar dit maak nie saak nie: as jy hulle in 'n teks teëkom, onthou jy hulle saam met die naamwoord so in daardie vorm; soos 'n foto. Soos sout en peper.
- Nogmaals baie dankie! Suidpunt (kontak) 06:11, 1 Februarie 2025 (UTC)
Baie geluk! Hierdie artikel is as voorbladartikel aangewys Diabetes, ’n artikel waarby jy ’n groot bydrae gelewer het, is deur ’n gebruiker as ’n spogartikel geïdentifiseer en deur die gemeenskap tot voorbladartikel verkies. Dankie vir jou bydrae. Sien gerus Wikipedia:Voorbladartikel vir ons versameling spogartikels, of nomineer self ’n artikel vir voorbladstatus by Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad. |
Baie geluk met dié nuwe en interessante voorbladartikel. Groete. -- SpesBona 20:34, 12 Januarie 2025 (UTC)
- Baie geluk met nog 'n voorblad! Groete! Oesjaar (kontak) 05:57, 13 Januarie 2025 (UTC)
Thank you for being a medical contributors!
[wysig bron]The 2024 Cure Award | |
In 2024 you were one of the top medical editors in your language. Thank you from Wiki Project Med for helping bring free, complete, accurate, up-to-date health information to the public. We really appreciate you and the vital work you do!
Wiki Project Med Foundation is a thematic organization whose mission is to improve our health content. Consider joining for 2025, there are no associated costs. Additionally one of our primary efforts revolves around translating health content. We invite you to try our new workflow if you have not already. Our dashboard automatically collects statistics of your efforts and we are working on tools to automatically improve formating. |
Thanks again :-) -- Doc James along with the rest of the team at Wiki Project Med Foundation 06:24, 26 Januarie 2025 (UTC)