Cusco
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Cuzco)
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Peru |
Provinsie | Cusco |
Koördinate | 13°31′S 71°59′W / 13.517°S 71.983°W |
Gestig op | 11de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 70 015,3 vk km |
Hoogte bo seevlak | 3 399 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 358 052 |
- Bevolkingsdigtheid | 5 114 vk/km |
Tydsone | UTC -05:00 |
Burgemeester | Luis Flórez García |
Amptelike webwerf | municusco.gob.pe Geargiveer 25 Oktober 2007 op Wayback Machine |
Cusco (ook Cuzco, in Quechua Qusqu of Qosqo) is die hoofstad van die gelyknamige provinsie in die Peruviaanse Andes-hooglandsgebied. Die stad is 3 399 m bo seespieël geleë en het ongeveer 358 000 inwoners. Dit is ook die oord van 'n aartsbiskop en 'n universiteit.
Die stad se gevarieerde geskiedenis as hoofstad van die Inkas, die besienswaardighede in die omgewing en die landskap in die midde van die Andes gebergtes, maak dit 'n aantrekkingspunt vir vele toeriste. As uitgangspunt na die Inka-ruines van Machu Picchu het Cusco wêreldwyd bekend geword. Die stad Cusco is in 1983 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cusco.
- (en) (fr) Amptelike UNESCO bladsy