Gaan na inhoud

Brie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Brie
Oorsprong  Brie-streek, Vlag van Frankryk Frankryk
Melkbron  Koeie
Eienskappe
Gepasteuriseer  Volgens wet in die VSA en Australië; selde in Europa
Tekstuur  Sag
Vorm  Wiel
Veroudering  Sowat 5-6 weke
Brie noir.

Brie is ’n sagte kaas van koeimelk wat genoem is na die Brie-streek in Frankryk, waar dit ontstaan het (min of meer die moderne département Seine-et-Marne). Dit het ’n vaal kleur met ’n effens grys skynsel onder ’n buitelaag van wit skimmel. Die buitelaag word gewoonlik geëet; die smaak hang grootliks af van die bestanddele wat gebruik is en die omgewing waarin dit vervaardig is.

Vervaardiging

[wysig | wysig bron]

Brie word van rou of gepasteuriseerde melk gemaak. Dun lae wrongel word in kaasvorms geplaas en sowat 18 uur lank gedreineer. Dit word daarna uit die vorms gehaal, gesout en met die kultuur Penicillium candidum, P. camemberti of Brevibacterium linens ingespuit. Laastens word dit sowat vyf weke lank by ’n konstante temperatuur verouder.

Wanneer dit langer ryp gemaak word, gewoonlik ’n paar maande tot ’n jaar, word die geur en smaak sterker, die kaas droër en donkerder en die buitelaag donkerder en krummelriger; dit word dan brie noir ("swart brie") genoem. In en om die streek Île-de-France, waar brie gemaak word, week mense dit in koffie met melk en eet dit vir ontbyt.[1]

As die kaas te ryp is, bevat dit te veel ammoniak – wat vervaardig word deur dieselfde mikroörganisme wat nodig is vir die veroudering.[2]

Sommige soorte brie word berook.[3][4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Masui, T.; Tomoko, Y.; Hodgson, R.; Robuchon, J. (2004). French Cheeses. Dorling Kindersley. ISBN 1-4053-0666-1.
  2. McGee, Harold (2004). On Food and Cooking: The Science and Lore of the Kitchen. New York: Simon & Schuster. ISBN 0-684-80001-2.
  3. The New Irish Table: 70 Contemporary Recipes – Margaret M. Johnson. p. 17.
  4. "Footprint Ireland". google.com.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]