Ang Lee
Ang Lee | |
Lee in 2009 by die Venesiese Rolprentfees.
| |
Geboortenaam | 李安 (Lǐ Ān) |
---|---|
Geboorte | 23 Oktober 1954 Chaochou, Pingtung, Taiwan |
Nasionaliteit | Republiek van China |
Lewensmaat | Jane Lin (林惠嘉) (1983–hede) |
Kinders | Haan Lee (* 1984) Mason Lee (* 1990) |
Skool | Tisch Skool van die Kunste van New York Universiteit |
Alma mater | Universiteit van Illinois by Urbana-Champaign |
Beroep(e) | regisseur, draaiboekskrywer en rolprentvervaardiger |
Aktiewe jare | 1990–hede |
Rolprente | Pushing Hands The Wedding Banquet Eat Drink Man Woman Sense and Sensibility The Ice Storm Crouching Tiger, Hidden Dragon Hulk Brokeback Mountain Life of Pi |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Ang Lee, OSS (Chinees: 李安, Pinyin: Lǐ Ān; gebore op 23 Oktober 1954) is ’n Taiwannees gebore Amerikaanse regisseur, draaiboekskrywer en rolprentvervaardiger.[1][2] Sy vroeëre prente ondersoek die verhouding en konflik tussen tradisie en moderniteit, Oos en Wes. Hy behandel ook onderdrukte, verborge emosies in baie van sy flieks, onder meer Crouching Tiger, Hidden Dragon; Hulk en Brokeback Mountain.
Hy het twee keer die Oscar vir beste regisseur gewen: vir Brokeback Mountain (2005) en Life of Pi (2012). Hy het ook die Oscar vir beste buitelandse prent gewen vir Crouching Tiger, Hidden Dragon (2000). Hy is die eerste Asiatiese persoon wat ’n Oscar, Golden Globe én Bafta vir beste regisseur gewen het, en die enigste regisseur wat die Goue Beer en Goue Leeu meer as een keer gewen het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Williams, Sarah (20 Februarie 2013). "'Life of Pi's Ang Lee Conquers Anti-Asian Bias". Voice of America (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 20 Februarie 2013.
- ↑ Corliss, Richard (20 November 2012). "Ang Lee's Life of Pi: Storm and Fang, Water and Wonder". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2019. Besoek op 20 November 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ang Lee.
- (en) Ang Lee in die Internet-rolprentdatabasis