Kaapsehoop
Kaapsehoop Kaapsche Hoop | |
---|---|
Kaapsehoop straatjie | |
Koördinate: 25°35′S 30°46′O / 25.583°S 30.767°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Mbombela |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,35 km2 (0,14 vk. myl) |
Hoogte | 1 486 m (4 875 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 182 |
• Digtheid | 520/km2 (1 300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 75.3% |
• Swart mense | 24.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 51.1% |
• Engels | 25.0% |
• Swazi | 20.0% |
• Ndebele | 1.1% |
• Ander | 2.8% |
Poskode (strate) | 1203 |
Poskode (posbusse) | 1203 |
Skakelkode | 013 |
Kaapsehoop is 'n klein dorpie in Mpumalanga, in die ooste van Suid-Afrika, 25 km van Nelspruit. Die dorp word ook Kaapsche Hoop genoem, die ou naam en Nederlandse naam van die dorp.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Kaapsehoop het oorspronklik bekendheid verwerf as 'n goudmyndorp, eens bekend as die Duiwelskantoor, toe spoelgoud in 1882 ontdek is in 'n klein spruitjie wat deur die dorp vloei. Dit het gelei dat 'n gedeelte van die oorspronklike dorpuitleg herroep is en toe geopen is vir gouddelwery. Maar die beter-lonende ontdekking van goud vroeër in Pelgrimsrus in 1873 en Barberton in 1881, gevolg deur die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886, tesame met karige opbrengste verkry by Kaapsche Hoop het gelei tot die dorp se agteruitgang.
Vandag
[wysig | wysig bron]Die dorpie is die afgelope tyd "herontdek" en is nou 'n gewilde naweektoevlugsoord met sy interessante outydse boustyl, insluitende vele akkommodasie-ondernemings. Nuwe behuising (ongelukkig nie in dieselfde outydse boustyl nie) is ook opgerig op sommige van die oorblywende oop erwe.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Subplek Kaapschehoop tydens die 2011-sensus