Gaan na inhoud

Bajío

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Bajío (die laagland) is 'n kulturele en geografiese streek binne die sentrale Meksikaanse plato wat rofweg strek van noordwes van Meksikostad tot by die silwermyne in die noord-sentrale deel van die land. Dit sluit (van suid na noord) die state Querétaro, Guanajuato, dele van Jalisco, Aguascalientes en dele van Zacatecas, San Luis Potosí en Michoacán in.[1][2][3]

Veld naby San Miguel de Allende.

Hoewel Bajío laagte beteken, is dit 'n hoogliggende gebied, ongeveer 2000 meter bo seespieël. Met 700 mm neerslag per jaar is dit een van die vrugbaarste gebiede in Meksiko. Die Bajío is ook bekend as een van die bastions van die Rooms-Katolieke Kerk in Meksiko.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The so called great Bajio in Mexico: a case of booming economic regional growth" (in Engels (VK)). RSA Main. Besoek op 13 November 2022.
  2. Winterfeldt, Liv (13 April 2022). "The Bajío Region: Engine of the Mexican Economy" (in Engels (VSA)). WMP Mexico Advisors. Besoek op 13 November 2022.
  3. "As Mexico's Commercial Real Estate Soars, Second Tier Cities Attract First-Rate Attention". Nearshore Americas. 16 Junie 2014.