Gaan na inhoud

Afrikaans.com

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.

Afrikaans.com is 'n Afrikaanse webwerf.[1]

Agtergrond

Die blad is oorspronklik in 2016 geskep. Afrikaans.com het verskeie projekte wat Afrikaans bevorder. Hulle het Afrikaanse bemarkingsveldtogte en kompetisies; kaartjies vir spesiale feevieringsdae soos Kersfees, Moedersdag en Vadersdag beskikbaar in Afrikaans, en in 2020 het hulle ’n muurprojek aangepak wat mure by skole met kuns en Afrikaanse woorde versier het.

Een van hul hooffokusse is op jonger eerste- en tweedetaalsprekers en die bevordering van moedertaalonderrig.[2]

In November 2023 word Afrikaans.com ook een van die stigterslede van die Beyweraars vir die Afrikaanse Wikipedia. Hierdie groep se hoofdoel is om ondersteuning te gee om toe te sien dat die somtotaal van mensekennis op 'n vrye Afrikaanse digitale ensiklopedie beskikbaar sal wees as nalatenskap vir Afrikaanssprekendes nou en in die toekoms.

Verwysings

  1. "Onderwysers: Hier's GRATIS plakkate vir jou klas". Sarie. 29 Julie 2019.
  2. "Gee jou kind 'n hupstoot met gratis leerhulp in Afrikaans".

Bronne

Eksterne Skakels