Pumas
Pumas | ||||
Bynaam(e) | Pumas | |||
Embleem | Poema | |||
Stigting | 1969 | |||
Unie | Mpumalanga Rugbyunie | |||
Ligging | Nelspruit | |||
Streek | Mpumalanga | |||
Stadion | Mbombela-stadion | |||
Kapasiteit | 40 929 | |||
President | Hein Mentz | |||
HUB | Arrie Myburgh | |||
Afrigter(s) | Jimmy Stonehouse | |||
Kaptein(s) | Willie Engelbrecht | |||
Liga(s) | Curriebeker Rugby-uitdaagreeks | |||
2022 | Curriebeker: 1ste | |||
|
||||
Eerste wedstryd | ||||
Onbekend | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Pumas 154 – 0 Limpopo Blou Bulle 13 April 2013 | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Onbekend | ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.pumas.co.za |
- Sien Argentynse nasionale rugbyspan vir die nasionale rugbyspan van Argentinië (ook bekend as die Pumas).
Die Pumas (ook bekend as die Mpumalanga Pumas) is 'n provinsiale rugbyspan van Nelspruit, Suid-Afrika. Hulle was voorheen bekend as Suidoos-Transvaal.
Die Pumas se tuisvelde is Mbombela-stadion in Nelspruit en Pumastadion in Witbank. Hulle ding jaarliks mee om die Curriebeker. Die Pumas het op 13 April 2013 ’n rekordsege teen die Limpopo Blou Bulle behaal toe hulle die span met 154–0 geklop het in die Mbombela-stadion in Nelspruit. Die oorwinning is ’n rekord in Suid-Afrikaanse eersterangrugby. Die vorige rekord is in 1994 opgestel toe die Laeveld die span van Transkei met 163–10 geklop het in Umtata. Dit oortref ook die Griekwas se vorige Vodacombekerrekord van 124–5 ook teen die Limpopo Blou Bulle. Die Pumas se vorige grootste oorwinning was 104–3 toe hulle die SWD Federasie in 1978 geklop het. Die 22 drieë wat die Pumas gedruk het is ook ’n Vodacombekerrekord.[1]
Die span het hulle eerste Curriebeker op 25 Junie 2022 gewen, in die eindstryd teen die Griekwas in Kimberley.[2] Die eindtelling was 26-19.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Toyota Cheetah Bulletin 16 April 2013" (html). fscheetahs.co.za. 16 April 2013. Besoek op 16 April 2013.[dooie skakel]
- ↑ (en) Greenaway, Mike (25 Junie 2022). "WATCH: Pumas crowned Currie Cup champions after epic win against Griquas in Kimberley". IOL. Besoek op 25 Junie 2022.