Catharina van Rees
Catharina van Rees | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Catharina Felicia van Rees |
Ook bekend as | Celéstine |
Gebore | 22 Augustus 1831[1] Zutphen, Nederland |
Sterf | 1 April 1915[2] (op 83) Velp, Gelderland |
Beroep(e) | Komponis, skrywer |
Catharina Felicia van Rees (22 Augustus 1831 – 1 April 1915) is die skryfster van die Volkslied van die Zuid-Afrikaansche Republiek.[3] was 'n Nederlandse skryfster, komponis en aktiewe feminis. Tot 1870 skryf sy onder die pseudoniem Celéstine.[4] Sy raak bevriend met T.F. Burgers tydens sy studentedae in Holland. Sy ontmoet hom weer in 1875 tydens 'n latere besoek. Sy word geïnspireer deur hom en skryf 'n lied wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in baie tale vertaal is. Sy is op 1 April 1915 in Velp, naby Arnhem oorlede.
Lewensloop
[wysig | wysig bron]1831-1869
[wysig | wysig bron]Catharina van Rees was die dogter van Richardus van Rees, invorderaar en/of inspekteur van (staats)belasting, en Constantia Wilhelmina Piper.[5] Sy was die jongste van 'n groot, maar welvarende gesin met agt ander kinders: drie dogters en vyf seuns. Haar pa sterf toe sy sewe jaar oud was, waarna haar ma se ongetroude broer die gesin se sorg oorneem. Hy ontferm hom oor Van Rees se opvoeding en gee haar die geleentheid om haar musikale talente te ontwikkel.
Soos sy later gesê het, was musiek al van kleins af haar ware roeping. Sy skryf reeds vandat sy vyf is klavierstukke en speel vanaf 18-jarige ouderdom haar eie komposisies. In 1855 is die suksesvolle opvoering van haar ‘Opéra Comique’, getiteld Les Débutants, vir 'n privaat gehoor in Utrecht, deurslaggewend vir die res van haar lewe. Sy ontvang 'n aanbod om saam met dié operageselskap na Parys te gaan om daar te gaan studeer, maar wys dit van die hand na aanleiding van haar moeder wat gevoel het dat 'n musiekloopbaan benede haar was. Van Rees, aanvanklik teleurgesteld, het daarna te kenne gegee dat sy tevrede is met hierdie keuse, omdat sy nou 'alles aangenaam' van musiek geniet, 'sonder om in die pynlike ervarings te deel wat dit as 'n lewe of as 'n beroep kan meebring nie'.[6]
Van 1862 tot 1867 het Van Rees by die filantroop en sosiale hervormer Jeanne Merkus in die buurt van Arnhem gewoon. Alhoewel dit nie gepas was vir 'n vrou uit 'n welgestelde familie om 'n betaalde werk te soek nie, was dit vir die ongetroude Van Rees nog moeiliker om as 'n onafhanklike komponis te oorleef. Haar beperkinge wat sy tydens haar musikale loopbaan ervaar het, het ongetwyfeld bygedra dat sy vanaf 1860 stelling inneem as passievolle voorstaander van die uitbreiding van opvoedkundige en professionele geleenthede vir vroue. Van Rees het haar bestaan nie meer in musiek gesoek nie, maar in skryfwerk, waarin sy weer opnuut die ondergeskikte posisie van vroue aan die kaak gestel het. Die oudste publikasie deur Van Rees, wat tot 1870 onder die skuilnaam Celéstine geskryf het, dateer waarskynlik uit 1860. In reaksie op 'n reeks artikels oor vroueëmansipasie van ‘die Sensor’ in De Tijdspiegel, vra sy via 'n brief van 'n geëmansipeerde vrou aan die Sensor dat daar spesiale aandag aan die probleme van ongetroude vroue geskenk word. Van Rees, wat hul getalle elke jaar sien groei het, het benadruk dat die verkryging van kennis die belangrikste voorwaarde is om 'n beter toekoms te skep: 'sal mense nou voortgaan om daardie ongetroude mense se reg uit te daag om vir hulself 'n ander werksomgewing te skep wat hul gees nodig het en waar hulle ook iets vir ander kan beteken?’ (De Tijdspiegel, 17 (1860) II, 393). Hierdie ope brief is gou opgevolg deur verskeie fiktiewe verhale in De Tijdspiegel en Nederland. Haar eerste literêre werke het ook die lig gesien: Twee novelles (1861), Zuster Catchinka (1866) en Rob's ma (1868).
Bronne
[wysig | wysig bron]- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Ploeger, Jan: Oor 'n paar van ons ouer Volksliedere. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 12, nr. 3, Maart 1963
- Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Geboortedatum op sahistory.org.za, besoek op 13 Januarie 2015
- ↑ Datum oorlede op sahistory.org.za, besoek op 13 Januarie 2015
- ↑ (af) Swart, M.J., e.a. (red.): Afrikaanse Kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, 1980, p.102. ISBN 0-620-04543-4
- ↑ F. Jos. van den Branden, J.G. Frederiks (1888-1891). "Biographisch woordenboek der Noord- en Zuidnederlandsche letterkunde". Besoek op 17 december 2016.
{{cite web}}
: Gaan datum na in:|bezochtdatum=
(hulp) - ↑ Sjabloon:Citeer boek
- ↑ Brief aan J.P. de Keyser, 19-12-1874
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Portret in die Biografisch Woordenboek van Nederland