'n Bos [1] in Slovenië
Sedert 1089 opgeteken in Oudnederlands in Thicabusca, 'n dorp in Wes-Vlaandere. Van Proto-Germaans *buska-. Proto-Indo-Europese afkoms is onseker.[1]
Enkelvoud Meervoud
  bos     bosse    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  bossie     bossies  
    
(lêer)
bos
  1. 'n Stuk land wat dig met bome begroei is
  2. 'n Houtagtige plant
  3. Versamelnaam vir blomme, takke;
  1. Die doel van die boek is om die inheemse bosse van die Suid-Kaap aan die leser bekend te stel; om hom te help om hierdie grootste natuurbosse van Suid-Afrika te leer ken: hul waarde en geskiedenis, hul samestelling en struktuur, hul bome en plante en diere.[2]
  2. Oorgroeide bosse langs Woltemadestraat was eerste op AfriForum tuinspan se lys.[3]
  3. Dit is 'n pragtige bos blomme!
  1. woud
  2. struik
  3. boeket, bundel, bondel
Bosbou
  Vertalings:   1. Stuk land
Engels: wood(en), forest(en)
Nederlands: bos(nl) o
  Vertalings:   2. Houtagtige plant
Engels: bush(en)
Nederlands: bos(nl) o
  Vertalings:   3. Versamelnaam
Nederlands: bos(nl) m

  Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor bos.