Wikidata
Wikidata | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Veeltalig |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 30 Oktober 2012 |
Huidige status | In wording |
URL | www.wikidata.org |
Wikidata is 'n projek van die Wikimedia-stigting wat 'n gesamentlik bewerkbare databasis ter ondersteuning van Wikipedia daarstel. Die projek is deur Wikimedia Duitsland begin en bied 'n gemeenskaplike bron van bepaalde tipes data, soos interwiki-skakels en geboortedata, wat in artikels op Wikipedia en elders gebruik kan word.[1] Dit kan met Wikimedia Commons vergelyk word, maar voorsien data instede van media-lêers aan al Wikipedia se projekte.
Die bou van die projek word met donasies van die Allen Institute for Artificial Intelligence, die Gordon and Betty Moore Foundation en Google Inc. gefinansier, wat 'n totale bedrag van € 1,3 miljoen bewillig het.[2][3]
Die webwerf is 'n tipiese wiki wat deur enige persoon opgedateer kan word. Dit is ontwerp om veeltalig te wees en deur mense sowel as masjiene gelees te kan word.
Wikidata is die eerste nuwe projek van die Wikimedia-stigting sedert 2006 toe Wikiversity opgestel is.[4]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ ""Data Revolution for Wikipedia". Wikimedia Deutschland, 30 Maart 2012". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2012. Besoek op 17 Januarie 2013.
- ↑ Paul Allen Invests In A Massive Project To Make Wikipedia Better Geargiveer 13 Desember 2012 op Wayback Machine, Business Insider, 30 Maart 2012
- ↑ Wikipedia’s Next Big Thing: Wikidata, A Machine-Readable, User-Editable Database Funded By Google, Paul Allen And Others, Tech Crunch, 30 Maart 2012
- ↑ The Wikipedia data revolution, by Matthew Roth, 30 Maart 2012
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Wikidata. |
Wikimedia Stigting | |||
---|---|---|---|
Projekte: Broeikas | Commons | Meta-Wiki | Wikibooks | Wikidata | Wikinews | Wikipedia | Wikiquote | Wikisource | Wikispecies | Wikiversity | Wikivoyage | WikiWoordeboek |