Swart-Mfolozirivier
Die Swart-Mfolozirivier (Swart-Umfolozirivier, Imfolozi emnyama) is 'n rivier in KwaZulu-Natal.
Swart-Mfolozirivier | |
---|---|
Stroomgebied | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Oorsprong | oos van Vryheid, KwaZulu-Natal |
Monding | samevloei in Mfolozirivier |
Oorsprong-hoogte | 1 500 m |
Monding-hoogte | 46 m |
Koördinate: 28°21′7.67″S 31°58′51.02″O / 28.3521306°S 31.9808389°O |
Oorsprong
wysigHierdie rivier ontspring op 'n hoogte van 1500 m bo seespieël, ongeveer 20 km oos van Vryheid by 27° 48′ 23″ suid en 31° 2′ 16″ oos.
Stroom
wysigDie rivier is opvallend kronkelrig en loop deur savanneveld, met lae bome en welige plantegroei. Op die suidoostelike hoek van die Hluhluwe-iMfolozipark sluit dit by die Wit-Mfolozirivier aan om die Mfolozirivier te vorm. Die Mbhekamuzi- Thake-, Sikwebezi- en die Vunariviere is die grootstes van 'n groot aantal sytakke.
Warmbron
wysigDie Thangami-warmbron is suidoos van die dorpie Swart-Umfolozi en wes van die dorpie KwaCeza, op die noordelike oewer geleë.
Naam
wysigUmfolozi is 'n Zoeloe-woord met die betekenis “die dwalende een”. Dit verwys na die baie kronkels in die rivier. Waarskynlik het die opvallende hoeveelheid donker klippe in die rivierbedding tot die voorvoegsel swart aanleiding gegee.
Lees ook
wysigBibliografie
wysig- Bate, G.C. Whitfield, A.K. en Forbes, A.T.: A review of studies on the Mfolozi estuary and associated flood plain, with emphasis on information required by management for future reconnection of the rivier to the St. Lucia system. wrc.org.za
- portfoliocollection.com
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 9. Kaapstad: Nasou, 1973. ISBN 0-625-00325-X
- Wannenburgh, Alf: The natural wonder of Southern Africa. Kaapstad: Struik, 1984. ISBN 0-86977-088-8