Santa Barbara, Kalifornië
Santa Barbara is 'n stad in die deelstaat Kalifornië, geleë tussen die steil bergpieke van die Santa Ynez-berge en die Stille Oseaan, sowat 90 minute per motor noord van Los Angeles in 'n streek waarna as die Amerikaanse Riviera verwys word.[1] Hier strek die stadsgebied oor 'n afstand van 110 myl langs Kalifornië se Sentrale Kus-gebied (Central Coast). Die administratiewe kantoor van die Santa Barbara County (Verenigde State) is ook hier gesetel. Die Spanjaarde het hier reeds in 1782 'n nedersetting gestig wat ná Kalifornië se toetreding tot die Unie in 1874 geïnkorporeer is.
Kaart | Seël |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kalifornië |
County | Santa Barbara |
Koördinate | 34°26′N 119°43′W / 34.433°N 119.717°W |
Stigting | 1782 |
Geïnkorporeer op | 9 April 1850 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 108,697 vk km |
Hoogte bo seevlak | 15 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 91 350 |
- Bevolkingsdigtheid | 840/vk km |
Tydsone | PST (UTC -8) |
Somertyd | PDT (UTC -7) |
Burgemeester | Cathy Murillo |
Amptelike Webwerf | santabarbaraca.gov |
Die meeste geboue in die stad, insluitende hotelle, het 'n Spaanse motief - met rooi teëldakke, wit gepleisterde mure, gesofistikeerde gietysterversierings en kleurryke teëls. Santa Barbara se ikoniese boukuns in die Spaanse koloniale styl het sy oorsprong in die middel van die 1920's toe stadsvaders soos Pearl Chase 'n poging onderneem het om die stad se argitektoniese verlede op 'n romantiese manier te laat herleef. Jaarliks word in Augustus 'n groot Spaanse fees gevier, die Old Spanish Days Fiesta.
In 1969 was die hawe en strande vir kilometers besoedel deur olie nadat 'n ondersese boorgat begin lek het. In Januarie 2018 het 'n modderstorting in die stadsbuurt Montecito menselewens geëis en groot skade berokken.[2]
Lughawe
wysigDaagliks vertrek 21 regstreekse vlugte van Santa Barbara se lughawe (SBA) na sewe groot Amerikaanse metropole - Dallas, Denver, Los Angeles, Phoenix, Portland, San Francisco en Seattle.
Bekende boorlinge
wysig- Julie Felix (1938−2020), folk-sangeres
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 412.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Toerisme