Saambou
Saambou Bank is 'n voormalige Suid-Afrikaanse bank wat in 1942 gestig en in 2006 gelikwideer is.[1]
Beginjare
wysigDie bank is op 12 Junie 1942 onder die naam Unie Bouvereniging gestig. Kort daarna is die maatskappy se naam na Saambou (Permanente) Bouvereniging verander. In 1970 het hulle met Nasionale Bouvereniging saamgesmelt om Saambou Nasionale Bouvereniging te vorm. Hierdie vereniging het Saambou Beherend in 1987 gestig en onder die naam Saambou Bank handel gedryf.[2]
Kuratorskap
wysigDie bank is in Februarie 2002 onder kuratorskap geplaas nadat koerantberigte bespiegel het dat die bank bankrot is en kliënte binne twee dae R1 miljard onttrek het. Ten tye van die kuratorskap was Saambou op ses na die grootste bank in die land. Die JSE het ook in 2002 verhandeling in Saambou-aandele opgeskort en ENB het 'n deel van die verbandboek oorgeneem.[3]
Likwidasie
wysigDie bank is in 2006 finaal gelikwideer. 'n Oorskot van R7,568 miljoen, of 4,53c per aandeel is aan aandeelhouers uitbetaal. Die aandele het voor die kuratorskap teen 203c per aandeel verhandel.[4]
Verwysings
wysig- ↑ Pta-tak is bekend as Saambou se vlagskip, Beeld, 26 Januarie 1994
- ↑ Saambou nie grootste bank, maar gaan van krag tot krag, Beeld, 10 Maart 1993
- ↑ Koerantberig het nie Saambou laat vou[dooie skakel], Beeld, 16 Mei 2008
- ↑ Saambou- betaling voor Kersfees, Nuus24, besoek op 2 Januarie 2012
Verdere naleeswerk
wysig- Bower, Christina: The development of the Permanent Building Society Movement in South Africa. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 10, nr. 1, September 1960
- Building Societes in a Nutshell. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 10, nr. 1, September 1960
- The Rise and Fall of Saambou Bank, 2005, deur John Chibaya Mbuya, ISBN 9780620288897