Lobito
Lobito is 'n stad in die weste van Angola aan die kus van die Atlantiese Oseaan en het in 2005 'n bevolking van 207 957 gehad. Die stad het een van die belangrikste hawens in Angola, maar die doeltreffendheid daarvan is kwaai gekortwiek deur verbrekings in spoorvervoer tydens die Angolese Burgeroorlog (1975–2002). Sedert vrede en stabiliteit in die 2000's heers, is Lobito herbou en begin dit weer ontwikkel.
Lobito | |
---|---|
Die hawe van Lobito. | |
Koördinate: 12°22′0″S 13°32′0″O / 12.36667°S 13.53333°O | |
Land | Angola |
Provinsie | Benguela |
Hoogte | 139 m (456 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 207 957 |