Lechitiese tale
Die Lechitiese tale is 'n subgroep van die Wes-Slawiese tale.
Lechitiese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Europa |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Slawies Wes-Slawies Lechitiese tale |
Onderafdelings: | |
Verspreiding van Lechitiese tale en dialekte in Pole |
Volgens die heersende mening in die Slawiese taalkunde het tydens die Gemeenslawiese periode (tussen omstreeks 500 en 800 n.C.) 'n groep Wes-Slawiese dialekte tot selfstandige tale begin ontwikkel: Silesies, Pomeraans (dikwels ook Oossee-Slawies genoem, met Kasjoebies en Slowinsies), Polabies (dikwels ook Elbslawies genoem) en Pools. Na hierdie groep Wes-Slawiese tale word ook as Lechitiese tale verwys, afgelei van 'n ou Slawiese term vir Pool (Lech of Lach). In teenstelling met die Tsjegge (*čěchy) is na sprekers van Lechitiese tale ook as *lěchy verwys, terwyl Lechia as 'n alternatiewe naam vir Pole gebruik is.
Kenmerke
wysigGemeenskaplike kenmerke van Lechitiese tale sluit in:
- Verandering van die Proto-Slawiese ě, e, ę voor alveolare medeklinkers na a, o, ą, ǫ.
- Die Proto-Slawiese klanke dj, gě, gi word behou as dz [ʒ], dze [ʒe], dzy [ʒj].
- Die oorgang van g → h vind nie plaas nie.
- Nasale word bybehou.
- In Pools en Kasjoebies vind die sogenaamde vierde palatalisering plaas.
Literatuur
wysig- Stanisław Rospond: Gramatyka historyczna języka polskiego. Warskou: PWN 2005, bl. 21-22
- Ewa Siatkowska: Rodzina języków zachodniosłowiańskich. Warszawa: PWN 1992, bl. 46-50
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lechitiese tale.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Lechitic". Ethnologue. Besoek op 31 Maart 2018.
- (en) "Lekhitic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 31 Maart 2018.