Krinkhout
Die krinkhout (Securidaca longepedunculata) is 'n klein boompie wat wydverspreid voorkom in Afrika.
Krinkhout | |
---|---|
Blomme en vrugte | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. longepedunculata
|
Binomiale naam | |
Securidaca longepedunculata Fresen., (1837)
| |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 303.[1]
Die boom staan ook bekend as bruidsboom, langboslaag, rooipeultjie, seepbasboom en die veselbasboom.
Beskrywing
wysigDie boom het kort, stywe takkies waaraan die blare, blomme en vrugte gedra word. Die blare is enkelvoudig en glad met 'n effense ingerolde rand. Die blomme wissel van pienk tot pers en is sowat 10 mm lank. Die vrug, 'n neut, is sowat 4 cm lank en het 'n vlerk. In Engels staan die boom bekend as die Violet-tree.
Verspreiding
wysigIn Suid-Afrika word dit aangetref in Gauteng, Limpopo en Noordwes. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Galery
wysig-
Blom -
Bas
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online