John Magufuli
John Joseph Pombe Magufuli (29 Oktober 1959 – 17 Maart 2021) was 'n Tanzaniese politikus wat van 2015 tot 2021 as die vyfde president van Tanzanië gedien het. Hy was ook die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.
John Magufuli | |
John Magufuli in 2015 | |
Ampstermyn 5 November 2015 – 17 Maart 2021 | |
Vise | Samia Suluhu |
---|---|
Eerste minister | Kassim Majaliwa |
Voorafgegaan deur | Jakaya Kikwete |
Opgevolg deur | Samia Suluhu |
Voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap
| |
Ampstermyn 17 Augustus 2019 – 17 Augustus 2020 | |
Voorafgegaan deur | Hage Geingob |
Opgevolg deur | Filipe Nyusi |
Minister van Arbeid, Vervoer en Kommunikasie
| |
Ampstermyn 28 November 2010 – 5 November 2015 | |
Eerste minister | Mizengo Pinda |
Voorafgegaan deur | Shukuru Kawambwa |
Opgevolg deur | Makame Mbarawa |
Ampstermyn November 2000 – 21 Desember 2005 | |
Eerste minister | Frederick Sumaye |
Opgevolg deur | Basil Mramba |
Minister van Lewendehawe en Visserye-ontwikkeling
| |
Ampstermyn 13 Februarie 2008 – 6 November 2010 | |
Eerste minister | Mizengo Pinda |
Voorafgegaan deur | Anthony Diallo |
Opgevolg deur | David Mathayo David |
Minister van Grond en Menslike Nedersetting
| |
Ampstermyn 6 Januarie 2006 – 13 Februarie 2008 | |
Eerste minister | Edward Lowassa |
Opgevolg deur | John Chiligati |
Parlementslid
| |
Ampstermyn November 1995 – Julie 2015 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | John Pombe Joseph Magufuli 29 Oktober 1959 Chato, Tanganjika (nou Tanzanië) |
Sterf | 17 Maart 2021 (op 61) Dar-es-Salaam, Tanzanië |
Politieke party | CCM |
Eggenoot/-note | Janeth Magufuli |
Kind(ers) | 7 |
Alma mater | Universiteit van Dar-es-Salaam |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Tanzanië |
Diens/Tak | Nasionale Diens |
Jare in diens | 1983–1984 |
Hy is eers in 1995 verkies as 'n parlementslid, en dien in 1995 in die kabinet van Tanzanië as adjunkminister van arbeid, Minister van arbeid van 2000 tot 2006, Minister van Grond en Menslike Nedersetting van 2006 tot 2008, Minister van Lewendehawe en Visserye-ontwikkeling van 2008 tot 2010 en as Minister van Arbeid vir die tweede keer van 2010 tot 2015.
Hy was 'n kandidaat van die regerende party in Tanzanië (CCM) en wen die presidensiële verkiesing in Oktober 2015 en is op 5 November 2015 ingesweer. Magufuli se presidentskap is gekenmerk deur die fokus op die vermindering van regeringskorrupsie en besteding en ook om in nywerhede te belê.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie John Magufuli.