Jakaya Mrisho Kikwete (gebore 7 Oktober 1950) is 'n Tanzaniese politikus wat van 2005 tot 2015 as die vierde president van Tanzanië gedien het. Voor sy verkiesing tot president was hy van 1995 tot 2005 die Minister van Buitelandse Sake onder sy voorganger, Benjamin Mkapa. Hy was ook in 2008–2009 voorsitter van die Afrika-unie en in 2012–2013 die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se troika oor vrede, verdediging en veiligheid.

Jakaya Kikwete
Jakaya Kikwete
Jakaya Kikwete in 2011

Ampstermyn
21 Desember 2005 – 5 November 2015
Vise Ali Mohamed Shein
Mohamed Gharib Bilal
Eerste minister Frederick Sumaye
Edward Lowassa
Mizengo Pinda
Voorafgegaan deur Benjamin Mkapa
Opgevolg deur John Magufuli

6de Voorsitter van die Afrika-unie
Ampstermyn
31 Januarie 2008 – 2 Februarie 2009
Voorafgegaan deur John Kufuor
Opgevolg deur Moeammar al-Ghaddafi

11de Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
27 November 1995 – 21 Desember 2005
Voorafgegaan deur Joseph Rwegasira
Opgevolg deur Asha-Rose Migiro

7de Minister van Finansies
Ampstermyn
7 Augustus 1994 – 2 November 1995
Voorafgegaan deur Kighoma Malima
Opgevolg deur Simon Mbilinyi

Parlementslid
Ampstermyn
26 November 1995 – 20 Januarie 2005
Opgevolg deur Ramadhani Maneno

Persoonlike besonderhede
Gebore Jakaya Mrisho Kikwete
7 Oktober 1950 (1950-10-07) (74 jaar oud)
Msoga, Tanganjika (nou Tanzanië)
Politieke party CCM (sedert 1977)
TANU (voor 1977)
Eggenoot/-note Salma Kikwete (huwelik in 1989)
Kind(ers) 10
Alma mater Universiteit van Dar-es-Salaam

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Tanzanië Tanzanië
Diens/Tak Tanzaniese Weermag
Eenheid Luitenant-kolonel

Eksterne skakels

wysig