Gerhardus Christian Coetzee (gebore 8 April 1955 in Boksburg, sterf 12 Januarie 2023), beter bekend as Gerrie Coetzee, is 'n oudbokser en Suid-Afrika se beste swaargewigbokser tot nog toe.[1]

Gerrie Coetzee
Statistiek
Geboortenaam Gerhardus Christian Coetzee
Bynaam(e) Seer Handjies, Boksburg Bomber
Gewigklas Swaargewig
Lengte 1.89 m
Armlengte 206 cm
Nasionaliteit Suid-Afrika
Geboorte 8 April 1955
Boksburg
Sterfte 12 Januarie 2023 (op 67)
Boksrekord
Totale gevegte 40
Oorwinnings 33
Oorwinnings met uitklophou 21
Verloor 6
Gelykop 1

Coetzee, wat in 'n Gereformeerde huis gebore is, was die eerste bokser uit Afrika wat om die wêreldswaargewigtitel meegeding het, en ook die eerste wat dit gewen het toe hy in 1983 vir Michael Dokes in Richfield, Ohio, in die tiende ronde uitgeslaan het. Oor sy loopbaan het hy 33 keer gewen, ses keer verloor en een keer gelykop geveg. Van sy 33 oorwinnings het hy 21 gevegte met 'n uitklophou beklink.

Hy het gedurende sy loopbaan probleme met sy regterhand gehad en moes drie operasies aan dié hand ondergaan. Dit het aan hom twee byname besorg: "The Bionic Hand" en "Seer Handjies". Na aanleiding hiervan het Leon Schuster 'n liedjie getiteld "Gerrie 'Seer Handjies' Coetzee" opgeneem.

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

wysig