Geelwortelboom
Die geelwortelboom (Steganotaenia araliacea) is 'n oopvertakte struik of klein, bladwisselende boompie met 'n yl loof. Die bas is liggroen of gelerig, wasagtig en skilfer in vlokkies af. Die blare is saamgestel. Die blaarrand is opvallend getand en die punte fyn en haargtig. Die blommetjiies is groengeel terwyl die sade afgeplat is met papieragtige vlerke.
Geelwortelboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Apiales |
Familie: | Apiaceae |
Genus: | Steganotaenia |
Spesie: | S. araliacea
|
Binomiale naam | |
Steganotaenia araliacea Hochest., (1844)
| |
Sinonieme | |
|
Verspreiding
wysigDie spesie is inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Djiboeti, Eritrea, Ethiopië, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geelwortelboom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Geelwortelboom