Arthur Phillip
Kaptein (later admiraal) Arthur Phillip (11 Oktober 1738 – 31 Augustus 1814) was die eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet.[1]
Arthur Phillip | |
Portret van Arthur Phillip in 1786 deur Francis Wheatley (Nasionale Portretgalery, Londen) | |
1ste Goewerneur van Nieu-Suid-Wallis
| |
Ampstermyn 7 Februarie 1788 – 10 Desember 1792 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
---|---|
Opgevolg deur | John Hunter |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 11 Oktober 1738 Londen, Engeland |
Sterf | 31 Augustus 1814 Bath, Engeland |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Koninkryk van Groot-Brittanje |
Diens/Tak | Britse Vloot |
Rang | Admiraal |
Oorloë/Veldslae | Sewejarige Oorlog (1756–1763) Spaanse–Portugese Oorlog (1776–1777) Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog |
Na sy wedervaringe ter see, insluitende die bevel oor 'n skip wat deur gevangenes in 'n storm gered is, word Phillip as die goewerneur van die voorgestelde Britse strafkolonie van Nieu-Suid-Wallis aangewys. Hy vertrek met die Eerste Vloot van Engeland na Australië en kies in Februarie 1788 Port Jackson (tans Sydney-hawe) as sy basis.
Hy het besef dat Nieu-Suid-Wallis vinnig 'n siviele administrasie en 'n stelsel vir die bevryding van gevangenes sou benodig. Ongeag, is sy voorstel om vakmanne saam te neem afgekeur. Hy het enorme probleme met arbeid, dissipline en voorraad in die gesig gestaar. Sy vriendelike houding teenoor die inboorlinge is ook deeglik beproef nadat hulle sy jagter vermoor het.
Die koms van die Tweede en Derde Vloot het hernuwe druk op skaars plaaslike hulpbronne geplaas. Teen Desember 1792, toe hy huiswaarts keer, was die kolonie reeds op dreef met amptelike land-toekennings, sistematiese boerdery en water-toevoer.
Phillip het in 1805 afgetree, maar het voortgegaan om met sy vriende in Nieu-Suid-Wallis te korrespondeer en die kolonie se belange te bevorder.
Verwysings
wysig- ↑ Morison, Samuel Eliot (22 Mei 1944). "The Gilberts & Marshalls: A distinguished historian recalls the past of two recently captured pacific groups". Life magazine. Besoek op 14 Oktober 2009.