16 Desember is die 350ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (351ste in skrikkeljare ). Daar volg nog 15 dae in die res van die jaar.
Uitbeelding van die Slag van Bloedrivier .
Die seremoniële ysterwaens met koperbeslag by die Bloedriviermonument in KwaZulu-Natal.
850 – Kardinaal Anastasius word afgeset deur die sinode van Rome .
882 – Pous Marinus I volg Pous Johannes VIII op.
955 – Pous Johannes XII volg Pous Agapetus II op.
965 – Die volk van Rome neem Pous Johannes XIII gevange.
1246 – Pous Innocentius IV verklaar Edmund Rich, aatrsbiskop van Kantelberg, heilig.
1446 – Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V ) word bevorder tot kardinaal-priester van Santa Susanna.
1464 – Kardinaal Rodrigo de Borja y Borja kroon Pous Paulus II .
1471 – Pous Sixtus IV stel twee van sy familielede, Pietro Riario biskop van Treviso en Giuliano della Rovere (later Pous Julius II ) aan as kardinaal.
1545 – Pous Paulus III stel nog 4 nuwe kardinale aan.
1641 – Pous Urbanus VIII stel twaalf nuwe kardinale aan, waaronder Virginio Orsini, ridder van die militêre orde van Johannes van Jerusalem.
1715 – Pous Clemens XI stel vier nuwe kardinale aan waaronder Niccolò Caracciolo, aartsbiskop van Capua.
1720 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII ) word kardinaal-priester van S. Pietro in Vincoli.
1746 – Pous Benedictus XIV publiseer "Quermadmodum nihil" oor gebed.
1771 – Pous Clemens XIV stel Charles-Antoine de La Roche-Aymon, aartsbiskop van Reims aan as kardinaal.
1773 – Die Boston Teeparty vind plaas.
1782 – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII word aangestel as biskop van Tivoli.
1782 – Pous Pius VI stel Giuseppe Maria Capece Zurlo, Theat., biskop van Calvi en Raniero Finocchietti, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinale.
1838 – Die Boere verslaan Zoeloemagte in die Slag van Bloedrivier , en word vir meer as 'n honderd en vyftig jaar daarna in Suid-Afrika as Geloftedag gevier.
1850 – Die eerste vier skepe arriveer in Lyttelton, Nieu-Seeland en Christchurch in Nieu-Seeland word gestig.
1910 – Henri Coanda voer die eerste kort vlug in 'n vliegtuig met 'n straalmotor uit.
1913 – Die Nasionale Vrouemonument word in Bloemfontein onthul.
1929 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII ) word kardinaal.
1938 – Hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria .
1949 – Die Voortrekkermonument word luisterryk ingewy in Pretoria .
1971 – Bangladesj word van Pakistan onafhanklik.
1991 – Die Verenigde Nasies keer 'n vroeëre bevinding om dat Sionisme rassisme is.
1991 – Kasakstan word van die Sowjetunie onafhanklik.
1998 – Amerikaanse en Britse magte begin om Irak met bomme te bestook nadat Irak VN-wapeninspekteurs se werk belemmer het.
1999 – Duisende sterf in modderstortings in Venezuela .
2000 – NASA kondig aan dat Ganumedes , 'n maan van Jupiter , 'n oseaan het onder sy ysige oppervlakte.
Ganumedes , 'n maan van Jupiter , deur die Galileo-ruimtetuig afgeneem in 1996
1485 – Catharina van Aragon , Koningin van Engeland en eerste vrou van Hendrik VIII van Engeland († 1536 ).
1770 – Ludwig van Beethoven , Duitse komponis († 1827 ).
1774 – Dorothea Gosen , ’n Voortrekker wat godsdienstige gedigte skryf († onbekend).
1775 – Jane Austen , Engelse skrywer († 1817 ).
1790 – Koning Leopold I van België († 1865 ).
1863 – Alys Fane Trotter , Suid-Afrikaanse skryfster en kunstenares († 1962 ).
1901 – Margaret Mead , Amerikaanse antropoloog († 1978 ).
1905 – Piet Hein , Deense wetenskaplike, wiskundige, uitvinder, skrywer en digter († 1996 ).
1917 – Arthur C. Clarke , Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer († 2008 ).
1928 – Philip K. Dick , wetenskapsfiksieskrywer († 1982 )
1936 – Nigel Weiss , Suid-Afrikaanse sterrekundige en wiskundige († 2020 ).
1946 – Benny Andersson , Sweedse sanger, liedjieskrywer, en lid van ABBA .
1963 – Tina Joemat-Pettersson , Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminister († 2023 ).
1965 – Alexander Pechtold , voormalige Nederlandse politikus van die D66-party.
1984 – Kaz McFadden , Suid-Afrikaanse akteur.
882 – Pous Johannes VIII , die 107de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±820 ).
1523 – Bernardino Lopez de Carvajal ook Teenpous Martinus IV (* 1456 ).
1677 – Petrus Hulsenaar , die sesde predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika getree het (* 1639 )
1852 – Andries Hendrik Potgieter , leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het (* 1792 ).
1859 – Wilhelm Grimm , Duitse feëverhaalverteller (* 1786 ).
1897 – Alphonse Daudet , bekende Franse skrywer (* 1840 ).
1916 – Grigori Raspoetin , Russiese lekeprediker (* 1869 ).
1921 – Camille Saint-Saëns , Franse komponis (* 1835 ).
1965 – W. Somerset Maugham , Engelse skrywer (* 1874 ).
1980 – Harland Sanders , Amerikaanse entrepreneur en stigter van Kentucky Fried Chicken (* 1890 ).
1996 – Laurens van der Post , 'n Suid-Afrikaanse skrywer (* 1906 ).
2006 – Taliep Petersen , Suid-Afrikaanse sanger, komponis en regisseur (* 1950 ).
2009 – Manto Tshabalala-Msimang , Suid-Afrikaanse politikus (* 1940 ).
2017 – Sharon Laws , Britse professionele fietsryer (* 1974 ).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 December .